FRESH WATER
INDEX
  Fishing for large carp in spring
Carp Fishing Tactics
  2009 Karphengel SA's
Gilbert Foxcroft
  The never-ending road to monster carp fishing
Maruis le Roux
  Word ons aan ons neuse rondgelei?
André Dicks
Wat is verkeerd in Suid Afrika?
André Dicks
OutdoorPAGES toets die nuwe Carp Fanatics floaties
André Dicks
10th World Carp Angling Championships
André Dicks
My pad na sukses
Manie van Eeden
  Doorndraai Dam - 'n Fees van Hengel
André Dicks
Bow Fishing - The fight continues
André Dicks
Is dit al kurpertyd?
Andries Maree
  Hier is die regte manier om deeg voor te berei
Johan Marx
Look after our carp
Michael Demesmaeker
Pre-baiting
Michael Demesmaeker
  Carp rod basics
André Dicks
  Choosing the right rod pod
André Dicks
  A dark cloud is hanging over our future
André Dicks
Tangling with Eels
Barry Kurten
Part 11 - Protect our sport
John Dearden
  Part 10 - Bait Presentation
John Dearden
  Part 9 - Underwater Blues
John Dearden
Part 8 - FAQ
John Dearden
Part 7 - Early winter session
John Dearden
Baber Hengel - Deel 3
Henry de Beer
Somertyd is Kurpertyd!
Henry de Beer
Specimen Carp Fishing - Step 1-3
André Dicks
Baber Hengel - Deel 2
Henry de Beer
Grass Carp - A Solution or a Problem
Johan Grobler
Wat behoort in my Hengelkas te wees
-
Baber Hengel - Deel 1
Henry de Beer
Wurm waarhede
Johan Marx
  Part 6 - Rigs & End Tackle for Carp
John Dearden
  Part 5 - Winter Fishing
John Dearden
Part 4 - Attractors, Stimulants and Enhancers
John Dearden
Part 3 - Specimen Angling
John Dearden
  Particle Fishing
Gilbert Foxcroft
  Effektiewe kort sessie karphengel
Gilbert Foxcroft
  Part 2 - Understanding base mixes and flavours
John Dearden
Part 1 - Specimen Carp Fishing
John Dearden
  Kom ons maak boilies!
Gilbert Foxcroft
The day I got hooked on specimen carp fishing
Johan van der Westhuizen
Vaaldam Bonanza 2004
Bernard Venter
Spesie karphengelaars maak geskiedenis
  Gilbert Foxcroft
  Hartebeespoort Dam? You must be joking!
André Dicks
  Stroppe vir spesie karphengel
Gilbert Foxcroft
Moderne karphengel toerusting
Gilbert Foxcroft
Waar sal ek gaan hengel?
Gilbert Foxcroft
  Visse is met die maan gepla
Johan van der Merwe
Areas wat karp huisves
Gilbert Foxcroft
Die uitwerking wat seisoene op karp het
Gilbert Foxcroft
Opsporing van karp
Gilbert Foxcroft
Hantering en bewaring van karp
Gilbert Foxcroft
Dis gazebo koud by Ifafi
Schalk Nolte
Platannas is taboe
Schalk Nolte
  Believe it or not…
Flavio Ferreira
Rekord baber vir TV aanbieder
Joe Lategan
Rietvlei dam. Die dam vir groot karpe.
André Dicks
Wilderness Raft Fishing
Joe Lategan
Oberon
André Dicks
OUTDOORPAGES

FRESHWATER FISHING / VARSWATER HENGEL

Carp Fishing Inflatables
Available in camo, rigid design
OutdoorPAGES gets R250 discount
http://www.sailaquatic.co.za
All Out Angling Tackle
A new tackle shop in Centurion
Call us for all your angling needs
http://www.alloutangling.co.za
Spesie karphengelaars maak geskiedenis 

Gilbert se boek is nou op CD beskikbaar. Die CD werk op enige rekenaar met Microsoft Windows 95 of hoër en bestaan uit dertien hoofstukke (60 bladsye) wat gevul is met hope fotos, illustrasies, wenke, resepte en tegniese inligting. Bestel die CD aanlyn of stuur 'n e-pos aan info@outdoorpages.co.za.

 


deur
Gilbert Foxcroft

Alhoewel die Europeërs spesie karphengel, op die “boilie styl”, al vanaf die laat sewentigs beoefen is dit nog onbekend vir baie Suid Afrikaanse hengelaars. Dit skep vir ons internasionale kompeterende hengelaars geweldig probleme op die volgende maniere:

1. Die F.I.P.S ed reels bepaal dat visstokke ‘n sekere lengte moet hê. Die visstokke wat die konvensionele manne gebruik oorskry oor die algemeen die 4 meter grense.
2. Die ase wat ons hier gebruik mag nie daar gebruik word nie.
3. Die stroppe wat ons gebruik word ook nie toegelaat nie.
4. Die lynklasse verskil ook van uiterste (2 lb tot ongeveer 7lb) tot amperse uiterstes (10 lb tot 15lb lyn klas).
5. Die sinkers wat ons gebruik is maksimum 35 gram en daar mag sinkers nie ligter wees as 50gram nie, ens, ens. En so kan ons 22 bladsye vul. Kliek hier vir die FIPS ed spesie karp hengelreëls.

Die rede waarom ek begin met die verskille is eenvoudig. Wanneer ons nasionale span gekies word om in die buiteland te gaan meeding moet hulle aan al die F.I.P.S standaarde voldoen anders word hulle onmiddelik gediskwalifiseer. Jy kan nie op een manier hengel en op ‘n ander suksesvol meeding nie, en daarom het die Noord-Wes provinsie die bul by die horings gepak en spesiehengel as aparte entiteit ingelyf. Die idee is gebore nadat die Suid-Afrikaanse Nasionale Span verlede jaar 3de in Italië geëindig het. Die Suid Afrikaanse span is vir ‘n lang tydperk touwys gemaak oor die moets en moenies van spesiehengel aangesien hulle dit nie plaaslik kompeterend beoefen het nie.

Andries Maree het my so ‘n tydjie gelede geskakel en gevra of ek en my hengelvriend Jaco Coetzee daarin sou belang stel om by die WDL Hengelklub aan te sluit en in die eerste provinsiale spesie proewe deel te neem. Ek het oortuigend “JA” geantwoord en binne ‘n week het 8 van my ander hengelvriende by ons aangesluit om ook deel uit te maak van die kompeterende sy van spesiehengel. Andries het dus daarin geslaag om ‘n idee in ‘n baie kompeterende span te laat verander, want op 3 & 4 April het die Spesie manne geskiedenis gemaak. Geskiedenis in die sin dat spesiehengelaars vir die eerste keer op Suid-Afrikaanse bodem amptelik kan meeding om uiteindelik volgende jaar ‘n kans te staan om ‘n “Springbok” te kan word. Dit is nog geensins ‘n uitgemaakte saak nie, maar ons almal hoop en vertrou dat die manne wat al die besluite neem die enorme potensiaal in hierdie faset van varswaterhengel sal raaksien en die regte besluit sal neem om Suid Afrikaners die kans te gee om die Europeërs op eie bodem op hulle neuse te laat kyk.


Die grootste karp van 6.88 kg gevang deur Jaco Coetzee

Vrydagmiddag, 2 April 2004, kort voor 17h00 het ek, Jaco, Hennie, Henning, Diederick, Jacques, Bruce, Jaco (2), Dave en Danny pad gevat na die welbekende “Verlatenkraal” te Bloemhofdam. Ek persoonlik was nog nooit van tevore by Bloemhof gewees nie, maar het voor die tyd by Schalk van Breda en Andries Maree gaan kers opsteek vir raad met geure en dies meer. Onder die F.I.P.S reels is doepas wat flourisien bevat streng verbode, so ons moes versigtig wees met die ase wat werk. Julle wonder waarom ek deurgans verwys na myself en Jaco, wel die hele spesie stelsel in Europa is span gebasseerd en daarmee bedoel ek ‘n span van 2 hengelaars ding mee met ander spanne van twee hengelaars om ‘n titel. Dit is wat hierdie sport so interessant maak aangesien jy en jou hengelmaat saam werk om maksimum resultate te kry. Om terug te keer na ons voorbereidings. Ons het na Schalk en Andries se raad geluister en op Kiana as basisgeur besluit vir ons boilies. Ons het ongeveer 3kg 10mm bodem boilies en omtrent 90 10mm “pop-ups” die week voor ons vertrek gemaak en in suiker geplaas om dit hard te maak en in die proses ook te preseveer. Die manne wat weet sê dat die aas so soet as moontlik moet wees en daarom ook die gebruik van die suiker. Ander ase wat ons saam geneem het vir voer was hempsaad, wildevoëlsaad, grondboontjies en mieliepitte. Al hierdie ase is voor die tyd vir 24 uur in water gelê en daarna gekook vir ongeveer 25 minute om die ensieme in, veral die grondbone en hemp saad, dood te maak.


Die boilie word gedip in 'n doopsous
voor die ingooi
Ons het so ongeveer 21h00 op Bloemhof aangekom en terwyl die ander manne besluit het om kamp op te slaan by “Sandveld” het ek en Jaco verkies om by die Mimosa Gastehuis op die dorp in ‘n sagte warm bed te slaap en goed uit te rus vir ‘n baie besige 24-uur kompetisie. Na ‘n vinnige kuier by die ‘Sandvelders” het ek en Jaco gaan inkruip na ons die selfoon se alarm vir 05h45 gestel het.

Ons was al teen 06h15 gestort en aangetrek en danksy Karen van Mimosa goed gevoed vir die dag se swoeg en sweet. Almal het by die Kingswood afdraai ontmoet so teen 07h15 en in ‘n konfooi gery tot by die hek by Verlatenkraal. Diederick was die gelukkige een om die hek dienste te kry, so elke voertuig het maar ‘n paar sente in sy hand gestop vir die moeite. By die water het ons so ‘n rukkie vir die “konvensionele” hengelaars gewag en na hulle aankoms het Johann van Heerden aan almal die interpretasies van die Internasionale reels verduidelik en in die proses vrae beantwoord. ‘n Uur later was al die formaliteite afgehandel, penne getrek en kon ons ons aanslag op Bloemhof begin.

Almal het so teen 11h00 hulle merkerdobbers uitgegooi om die kontoere op die bodem te bepaal. Ek was nogal verras dat die water op 80 meter alreeds bykans 3 meter diep was en boonop sanderig met klippies plek-plek. Sulke areas is gewoonlik ‘n goeie beginpunt en dit was presies wat ons besluit het. Die aasvuurpyle is opgestel en daar is gevoer vir ongeveer 2 ure. Dit mag dalk na baie klink maar so ‘n vuurpyl kan maksimum 100 gram handteer op ‘n slag en na 2 ure het ons so ongeveer 4 kg aas gevoer. Ek en Jaco het aanvanklik mielies en grondboontjies vir hoek-aas gekies, maar teen 17h00 was daar nog net een vis van 3kg langs die hele oewer gevang. Die vis het egter gereeld op die voerlyn begin spring en Johann het voorspel dat ons die visse gaan “rook” na donker, en so was dit ook. Ek het net voor donker my twee stokke gelaai met die Kiana boilies en net na 19h00 was die eerste vis genet. Teen 09h00 het ons alreeds 59kg vis in die net gehad en Hennie-hulle ongeveer 70kg. ‘n Uur later het ons nog 9kg bygevoeg en Hennie-hulle nog ongeveer 5kg.

Die eindresultate was: 1ste plek: Hennie en Henning; 2de plek: Gilbert en Jaco; 3de plek: Dave en Danny; 4de plek: Johann en sy seun.

Na afloop van die formaliteite het almal opgepak, gegroet en het elke groep die 3 ure pad terug geneem huis toe. 20 km kort van Wolmaransstad het Danny se Isuzu bakkie gaan staan sonder brandstof. Gelukkig was hy voor ons en kon ons gou ry tot by die naaste vulstasie en brandstof kry sodat hy kon volmaak om tot by die huis te kom.

Almal het dit veilig tot by die huis gemaak en ‘n suksesvolle geskiedkundige gebeurtenis het sy regmatige plek in ons dagboeke gevind. Ek en Jaco wil net vir Schalk en Andries bedank vir hulle aandeel in ons sukses en vir Andries in besonder vir sy inisiatief en geloof in ons sport, maar bo als vir die geleentheid om spesie hengel ‘n kans te gun om aan die suider punt van Afrika te groei. Ek glo vas dat hierdie die begin is van baie groot dinge in Suid-Afrikaanse hengel. Die Rewolusie het begin!!!!


 Save our Resources

OutdoorPAGES strongly encourages Catch and Release. It is up to us to conserve our natural resources for future generations.


Copyright © OutdoorPAGES. All rights reserved. No article or picture may be reproduced\published without the written consent of OutdoorPAGES.
The opinions expressed by authors and contributors does not necessarily reflect the viewpoint or policy of OutdoorPAGES.
Terms & Conditions | Privacy Policy