FRESH WATER
INDEX
  Fishing for large carp in spring
Carp Fishing Tactics
  2009 Karphengel SA's
Gilbert Foxcroft
  The never-ending road to monster carp fishing
Maruis le Roux
  Word ons aan ons neuse rondgelei?
André Dicks
Wat is verkeerd in Suid Afrika?
André Dicks
OutdoorPAGES toets die nuwe Carp Fanatics floaties
André Dicks
10th World Carp Angling Championships
André Dicks
My pad na sukses
Manie van Eeden
  Doorndraai Dam - 'n Fees van Hengel
André Dicks
Bow Fishing - The fight continues
André Dicks
Is dit al kurpertyd?
Andries Maree
  Hier is die regte manier om deeg voor te berei
Johan Marx
Look after our carp
Michael Demesmaeker
Pre-baiting
Michael Demesmaeker
  Carp rod basics
André Dicks
  Choosing the right rod pod
André Dicks
  A dark cloud is hanging over our future
André Dicks
Tangling with Eels
Barry Kurten
Part 11 - Protect our sport
John Dearden
  Part 10 - Bait Presentation
John Dearden
  Part 9 - Underwater Blues
John Dearden
Part 8 - FAQ
John Dearden
Part 7 - Early winter session
John Dearden
Baber Hengel - Deel 3
Henry de Beer
Somertyd is Kurpertyd!
Henry de Beer
Specimen Carp Fishing - Step 1-3
André Dicks
Baber Hengel - Deel 2
Henry de Beer
Grass Carp - A Solution or a Problem
Johan Grobler
Wat behoort in my Hengelkas te wees
-
Baber Hengel - Deel 1
Henry de Beer
Wurm waarhede
  Johan Marx
  Part 6 - Rigs & End Tackle for Carp
John Dearden
  Part 5 - Winter Fishing
John Dearden
Part 4 - Attractors, Stimulants and Enhancers
John Dearden
Part 3 - Specimen Angling
John Dearden
  Particle Fishing
Gilbert Foxcroft
  Effektiewe kort sessie karphengel
Gilbert Foxcroft
  Part 2 - Understanding base mixes and flavours
John Dearden
Part 1 - Specimen Carp Fishing
John Dearden
  Kom ons maak boilies!
Gilbert Foxcroft
The day I got hooked on specimen carp fishing
Johan van der Westhuizen
Vaaldam Bonanza 2004
Bernard Venter
Spesie karphengelaars maak geskiedenis
Gilbert Foxcroft
  Hartebeespoort Dam? You must be joking!
André Dicks
  Stroppe vir spesie karphengel
Gilbert Foxcroft
Moderne karphengel toerusting
Gilbert Foxcroft
Waar sal ek gaan hengel?
Gilbert Foxcroft
  Visse is met die maan gepla
Johan van der Merwe
Areas wat karp huisves
Gilbert Foxcroft
Die uitwerking wat seisoene op karp het
Gilbert Foxcroft
Opsporing van karp
Gilbert Foxcroft
Hantering en bewaring van karp
Gilbert Foxcroft
Dis gazebo koud by Ifafi
Schalk Nolte
Platannas is taboe
Schalk Nolte
  Believe it or not…
Flavio Ferreira
Rekord baber vir TV aanbieder
Joe Lategan
Rietvlei dam. Die dam vir groot karpe.
André Dicks
Wilderness Raft Fishing
Joe Lategan
Oberon
André Dicks
OUTDOORPAGES

FRESHWATER FISHING / VARSWATER HENGEL

Cranberry Cottage
Four star accommodation in
Ladybrand. Visit our Website.
http://www.cranberry.co.za
SA Carp Society
Fish private venues now
Protect the future of our sport
http://www.sacarpsociety.co.za
Wurm waarhede 




Deur
Johan Marx

 

Die erdwurm is sekerlik die algemeenste van alle hoek-ase in die geskiedenis van hengel, om die eenvoudige rede dat dit een van die natuurlikste bronne van voedsel vir die meeste visspesies is. Dis daarom dat wurms tot vandag toe met groot sukses gebruik word. In dié uitgawe vestig ons die aandag op ‘n paar wurmwaarhede en bekyk ons spesifiek die Kariba- en die slangwurm, soos hulle bekend staan.


Die Slangwurm (bo) en die
Kariba Wurm (onder)

Agtergrond

Die wurm is ‘n semi-amfibiese dier, wat beteken dat dit taamlik goed tuis is in die water. Suurstof word deur die oppervlak van die liggaam uit die nat grond geabsorbeer, daarom kan wurms taamlik lank onder water aan die lewe bly.

Die wurm het ‘n kop- en ‘n stertgedeelte: die kopgedeelte is die naaste aan die saaltjie. Die wurm het ook ‘n kenmerkende geur; dit is dié geur wat dit vir die vis ‘n onweerstaanbare dis maak.

Soos reeds genoem, kan feitlik enige varswatervisspesie met ‘n wurm gevang word, daarom is wurms so ‘n gewilde hoekaas.

Wurms is veral na ‘n goeie reënbui ‘n goeie aas om te gebruik. Die reën laat die wurms na die oppervlak van die grond beweeg en hulle word dan deur die reënwater afgespoel na die dam of rivier waar dit ‘n natuurlike voedselbron vorm.

In sekere damme, byvoorbeeld Vaaldam, is wurms doeltreffender as in ander omdat wurms in groter mate natuurlik rondom die water voorkom. By sulke damme kan meer met wurm-ase geëksperimenteer word.

Wurms as hoekaas



Basies bestaan daar twee hoof aanbiedingsmetodes van wurms:

Metode 1

Hou ‘n wurm aan die kopgedeelte tussen die duim en wysvinger vas en knyp ‘n stukkie (sowat 5 mm) af.

Laat sowat 10-15 mm toe van waar die wurm afgeknyp is en steek die hoekpunt daar in die wurm in en ryg dit teen die hoeksteel op totdat dit teen die hoekoog vasdruk. Steek die hoekpunt na buite en trek die wurm teen die lyn op sodat die hoekoog binne-in die wurm weggesteek is. Dié metode laat die wurm op ‘n baie natuurlike wyse op die bodem lê.

Die geheim met die afknyp van ‘n stukkie van die kopgedeelte is dat die sappe van die wurm baie gouer in die water vrygelaat word, wat die vis baie gou ondersoek na die reuk laat intel.

‘n Tweede wurm kan aan die hoekpunt geryg word as ‘n groter aas velang word. Ander ase kan met dié metode gekombineer word deur byvoorbeeld ‘n degie agter die wurm om die lyn te rol.

Metode 2

Ryg ‘n wurm soos in metode 1 aan die hoek, gevolg deur nog drie tot vier wurms sodat ‘n tros wurms gevorm word (knyp ‘n stukkie van die kopgedeelte van elke wurm af). Dit vorm ‘n baie groter hoekaas wat vir byvoorbeeld geelvis- of baberhengel gebruik kan word.


Pop-up wurms (bo)

Metode 2 (links)

“Pop-up” wurms

Gebruik ‘n inspuiting om die wurm vol lug te spuit sodat dit van die bodem oplig.


Spuit klein hoeveelhede lug in die wurm in deur by die stertgedeelte te begin en terug te beweeg na die middel, waar die hoekpunt uitgesteek word.

 


Wurms aanvullend tot grondvoer


Al ooit van “Chopped Worm” gehoor? Dié metode gee die hengelaar die geleentheid om wurms ook in die grondvoer te gebruik. As die vis op ‘n bepaalde dag regtig ‘n voorkeur vir wurmhoekaas het, kan die volgende metode dalk net ‘n verskil maak teen inweegtyd.


Stap 1

Stap 2

Stap 3

Stap 1: Neem ‘n hand vol skoon wurms en knip hulle met ‘n skêr in stukkies van sowat 10mm.

Stap 2: Voeg die “Chopped worm” by die grondvoer en meng goed deur.

Stap 3: Maak seker dat die grondvoer steeds goed bind. Die foto toon hoe die uiteindelike produk daar uit behoort te sien. Berei “Chopped worm” in klein hoeveelhede voor soos die behofte daarvoor ontstaan sodat dit altyd so vars moontlik in die grondvoer gebruik kan word.

Topwenke

  1. Moet nooit die wurmhoekaas in enige botteltjie lokmiddel doop nie: die wurmvloeistof reageer met die lokmiddel wat veroorsaak dat die geurgehalte van die lokmiddel aangetas word.

  2. Haak die afgeknypte punt van die wurm aan die punt van die hoek sodat die wurm nie teen die hoeksteel afskuif nie.

  3. Bêre jou wurms in ‘n koelhouer met ys tydens jou hengelsessie sodat dit vars bly.

  4. Soek die dag voordat jy gaan hengel genoeg wurms vir “gekapte wurm” – grondvoer uit en plaas dit in ‘n klein houer met nat grondvoer daarin. Die wurms is dan reeds skoon as jy dit tydens die hengelsessie wil gebruik.

 Save our Resources

OutdoorPAGES strongly encourages Catch and Release. It is up to us to conserve our natural resources for future generations.


Copyright © OutdoorPAGES. All rights reserved. No article or picture may be reproduced\published without the written consent of OutdoorPAGES.
The opinions expressed by authors and contributors does not necessarily reflect the viewpoint or policy of OutdoorPAGES.
Terms & Conditions | Privacy Policy