FRESH WATER
INDEX
  Fishing for large carp in spring
Carp Fishing Tactics
  2009 Karphengel SA's
Gilbert Foxcroft
  The never-ending road to monster carp fishing
Maruis le Roux
  Word ons aan ons neuse rondgelei?
André Dicks
Wat is verkeerd in Suid Afrika?
André Dicks
OutdoorPAGES toets die nuwe Carp Fanatics floaties
André Dicks
10th World Carp Angling Championships
André Dicks
My pad na sukses
Manie van Eeden
  Doorndraai Dam - 'n Fees van Hengel
André Dicks
Bow Fishing - The fight continues
André Dicks
Is dit al kurpertyd?
Andries Maree
  Hier is die regte manier om deeg voor te berei
Johan Marx
Look after our carp
Michael Demesmaeker
Pre-baiting
Michael Demesmaeker
  Carp rod basics
André Dicks
  Choosing the right rod pod
André Dicks
  A dark cloud is hanging over our future
André Dicks
Tangling with Eels
Barry Kurten
Part 11 - Protect our sport
John Dearden
  Part 10 - Bait Presentation
John Dearden
  Part 9 - Underwater Blues
John Dearden
Part 8 - FAQ
John Dearden
Part 7 - Early winter session
John Dearden
Baber Hengel - Deel 3
Henry de Beer
Somertyd is Kurpertyd!
Henry de Beer
Specimen Carp Fishing - Step 1-3
André Dicks
Baber Hengel - Deel 2
Henry de Beer
Grass Carp - A Solution or a Problem
Johan Grobler
Wat behoort in my Hengelkas te wees
-
Baber Hengel - Deel 1
  Henry de Beer
Wurm waarhede
Johan Marx
  Part 6 - Rigs & End Tackle for Carp
John Dearden
  Part 5 - Winter Fishing
John Dearden
Part 4 - Attractors, Stimulants and Enhancers
John Dearden
Part 3 - Specimen Angling
John Dearden
  Particle Fishing
Gilbert Foxcroft
  Effektiewe kort sessie karphengel
Gilbert Foxcroft
  Part 2 - Understanding base mixes and flavours
John Dearden
Part 1 - Specimen Carp Fishing
John Dearden
  Kom ons maak boilies!
Gilbert Foxcroft
The day I got hooked on specimen carp fishing
Johan van der Westhuizen
Vaaldam Bonanza 2004
Bernard Venter
Spesie karphengelaars maak geskiedenis
Gilbert Foxcroft
  Hartebeespoort Dam? You must be joking!
André Dicks
  Stroppe vir spesie karphengel
Gilbert Foxcroft
Moderne karphengel toerusting
Gilbert Foxcroft
Waar sal ek gaan hengel?
Gilbert Foxcroft
  Visse is met die maan gepla
Johan van der Merwe
Areas wat karp huisves
Gilbert Foxcroft
Die uitwerking wat seisoene op karp het
Gilbert Foxcroft
Opsporing van karp
Gilbert Foxcroft
Hantering en bewaring van karp
Gilbert Foxcroft
Dis gazebo koud by Ifafi
Schalk Nolte
Platannas is taboe
Schalk Nolte
  Believe it or not…
Flavio Ferreira
Rekord baber vir TV aanbieder
Joe Lategan
Rietvlei dam. Die dam vir groot karpe.
André Dicks
Wilderness Raft Fishing
Joe Lategan
Oberon
André Dicks
OUTDOORPAGES

FRESHWATER FISHING / VARSWATER HENGEL

Big Daddy Baits
We're taking South Africa by Storm
Top Quality Carp Fishing Baits
http://www.bigdaddybaits.co.za
Big Daddy Baits
Lemmejies Voer, nuwe voer wat werk
By jou winkel beskikbaar. Kry dit!
http://www.bigdaddybaits.co.za
Baber Hengel - Deel 1 




deur
Henry de Beer

 

Die basiese formule vir sukses met enige tipe hengel is “Vis + Opsporing + Aanbieding = Sukses”, naamlik jy moet die gewoontes van die teiken spesie goed genoeg ken om dit in verskillende seisoene op te spoor, en dan moet die regte aas op die regte manier aangebied word.

Dit is presies dieselfde met baber, en elke afdeling van die formule is ewe belangrik. Om die “Vis en Opsporing” afdelings toe te pas moet die hengelaar ten minste ‘n praktiese kennis van die vis se lewenssiklus en gewoontes aanleer, naamlik spesie kennis.

Die Latynse benaming is Clarias gariepinus. In suider-Afrika kom ses Clarias spesies voor, naamlik die Skerptandbaber, ons hoofteiken, Stomptandbaber (Clarias ngamensis), Gevlekte baber (Clarias stappersii), Sagkopbaber (Clarias liocephalus), Slangbaber (Clarias theodorae) en Spelonkbaber (Clarias cavernicola).

Van die ses is dit net die Skerptandbaber wat as ‘n sporthengelvis gereken kan word, alhoewel die Stomptandbaber, wat in die noordelike dele van Kwazulu-Natal en die Laeveld voorkom, somtyds ook gevang word daar hy baie dieselfde weipatroon as die Skerptandbaber het. Die vis is baie kleiner as die skerptand en word net so 730mm lank en niks swaarder as 4kg nie.

Ons teiken, die Skerptandbaber, is moontlik die mees verspreide vis in Afrika. Dit word vanaf die Nyl in die noorde tot die Vaal/Oranje sisteme aangetref, en is ook in die Kaap uitgeplaas waar dit nie inheems is nie. Dit word ook in Israel, Libanon en Turkye aangetref.

Die baber leen hom uitstekend tot kommersiële visboerdery en is ook met die Vundu van Zimbabwe vir hierdie doel gekruisteel.

Die skerptand het ‘n plat, harde, benerige kop en is toegerus met ‘n orgaan om ook lug te kan inasem. Vier pare “snorre” rondom die bek word as reuk en smaak organe gebruik. Die belangrikste is egter dat die snorre, wat baie sensitief vir trillings in die water is, ook gebruik word om prooi op te spoor.

Die bek is wyd en altwee kakebene het rye klein, skerp tandjies. Die rug en syvinne het ‘n lang, skerp pen aan die voorkant. Die kleur is gewoonlik swart maar afhangende van die water ook ligbruin tot amper grys. In die laer Oranjerivier is die groot babers amper wit. Dit het geen skubbe nie. Babers het die vermoë om op land te “kruip”, soos wanneer ‘n poel opdroog en hulle na ‘n ander een toe moet verskuif.

Dit is ‘n omnivoor en sal op enige organiese materiaal wei, soos vis, voëls, paddas, slakke, krappe, garnale, insekte, klein diere asook sade en vrugte.

Alhoewel ‘n baber vars kos verkies, sal dit ook op dooie diere aas. Babers vorm skole om klein visse in vlak water aan te keer.

Die baber se lyf is plat onder en skerper na bo, amper driehoekig. Die stertvin is gelyk en nie gevurk nie, wat aandui dat dit nie soseer vir spoed gebou is nie. Sy ligaamsbou dui ook aan dat dit naby die bodem rondbeweeg.

Broeityd is na die eerste reëns in die somer wanneer die volwasse vis na die kante van riviere en damme toe beweeg. Eiers word bo-op plant materiaal gestort en die jong vissies verskyn na ongeveer 30 tot 40 ure. Binne drie dae begin die klein vissies vryelik rondswem. Na ‘n jaar is hulle so 200mm lank maar nog groter as toestande baie gunstig is. Na drie jaar neem die groei tempo van die wyfies af en net die manlike vis word groter. Babers kan na een jaar geslagryp wees maar dit kan ook twee tot drie jaar neem.

Die baber word nie as ‘n bedreigde spesie beskou nie en gevolglik is daar geen sak of lengte beperkings nie. Dit is hoog op die voedsel ketting. Sy natuurlike vyande is, behalwe die mens self, krokodille, voëls en luiperds.

WAAR EN WANNEER

‘n Baber het duidelike gedragspatrone wat min of meer met die vier seisoene saamval. Die seisoene bepaal die temperatuur en suurstof gehalte van die water, beskikbaarheid van kos en lewensruimte.

Gedurende die somermaande is hulle baie meer aktief met ‘n hoë metabolisme wat afneem namate die water gedurende die herfs en winter koeler word. Maar ‘n baber gaan nie in ‘n winterslaap nie, en moet nogtans kos inkry alhoewel baie minder.

Die vier seisoene het op hul beurt sub-seisoene wat almal ‘n invloed op die baber se gedragspatroon uitoefen. Geen duidelike afbakening van die tye bestaan nie, omdat damme en riviere in verskillende landsdele val. Daar kan ook in ‘n dam verskillende diepte, temperatuur en kleur wees.

LENTE

Volgens die almanak begin die lente op 1 September, maar in die natuur beteken dit enige tyd voor of na hierdie datum.

Hierdie tydperk het weer drie onder-seisoene, naamlik voor broeityd, die broeityd self, en ‘n oorgangsperiode.

Die periode net voor broeityd is gekenmerk deur dae wat al hoe langer begin word en water temperature wat stadig bokant die laagtepunt van die winter begin klim, so na omtrent 12°C tot 15°C. Babers begin nou stadig vanuit hulle oorwinteringsplekke na die vlakker water toe beweeg. Die beweging is egter sporadies van aard en vis sal eendag in vlakker water wees en weer die volgende dag in dieper water, veral as daar ‘n laat kouefront oor beweeg het. Aasvissies en ander kossoorte is nog nie volop nie en plante wat gedurende die winter gevrek het, het nog net begin om weer te groei.


André Dicks met 'n ±6kg baber
gevang in die periode net voor
die amptelike broei tydperk

Die beste tye gedurende hierdie periode is laatmiddag in vlak sloepe en plate op die suide en suid-oostelike oewers van damme, veral waar daar plante soos riete, ens. in die water is. Dit is hierdie dele wat eerste en die warmste word. In vloeiende riviere moet vlakkerige sytakke en inlope gesoek word.

Hierdie periode word ook gekenmerk deur die beperkte uitbroei van sekere insekte en ander waterdiere wat hul verskyning begin maak.

Alhoewel die kos voorraad nog beperk is, is die baber se eetlus deur die verwarming aangewakker, en na die hongerly van die winter is hulle gretig op soek na kos. Energie moet ook opgebou word vir die broeitydperk wat voorlê. Omrede die kos nog skaars is, is kompetisie vir kos baie intens, wat tot die voordeel van hengelaars is.

Omdat die natuurlike kosbronne nog klein is, is klein ase aan te beveel. Klein insekte soos swart krieke, kakkerlakke, miswurms, meelwurms en stukkies bebroeide kuikens kan goeie sukses behaal, terwyl ‘n loodkop ook met sukses aangewend kan word. Gebruik daarmee saam ‘n lokvoer gemaak van bloed en afval. Bloed op sy eie is dodelik as lokmiddel. Nes haaie kan baber die reuk van bloed gladnie weerstaan nie. Gooi mildelik oor jou lokbolle en aas om ‘n sterk lokreuk te voorsien.

Afhangende van plaaslike toestande volg die broeitydperk wanneer die temperatuur bokant 18°C styg en wanneer reëns die watervlak laat styg het. Geslagsryp, volwasse babers, beweeg in groot skole kante toe waar die wyfies hul eiers op plant materiaal in baie vlak water stort om deur die mannetjie bevrug te word.


Die foto is 'n voorbeeld van
die beserings wat babers kan
opdoen agv onwettige
praktyke

Die verskynsel van honderde babers in ‘n wriemelende massa in baie vlak water, soms tot buite op die oewer, is vir hengelaars bekend, en ook frusterend. Alhoewel die babers nou sigbaar is, vat hulle omtrent aan geen aas nie – die voortplanting van die spesies is al wat by hulle nou tel.

In hierdie tydperk is babers baie vatbaar vir onwettige praktyke. Vurke, spiese en grawe word gebruik om die babers dood te steek, en sommiges gebruik groot drie-angelhoeke om hulle mee te haak. Altwee praktyke is onwettig – en vir ‘n hengelaar ook heeltemal oneties!

Die reeks vervolg in Baber Hengel - Deel 2

Lesers wat sukkel om baber lokvoer of bloed in die hande te kry is welkom om die skrywer te kontak by henkor@absamail.co.za of Tel: 012-3320179 (k/u).
 

 Save our Resources

OutdoorPAGES strongly encourages Catch and Release. It is up to us to conserve our natural resources for future generations.


Copyright © OutdoorPAGES. All rights reserved. No article or picture may be reproduced\published without the written consent of OutdoorPAGES.
The opinions expressed by authors and contributors does not necessarily reflect the viewpoint or policy of OutdoorPAGES.
Terms & Conditions | Privacy Policy