Die hengelkas het deesdae ‘n baie spesiale item van ons hengelaars se
gerei geraak. Die rede daarvoor is dat die hengelkaste saam met die
staander wat deesdae so spesifiek gemaak word om jou voorkoms en
hengelprestasie te verbeter.
Die hengelkaste kan van verskillende materiale gemaak word, naamlik
Hout en veselglas. Elkeen van die materiale waarmee die kaste
vervaardig word, het verskillende eienskappe en dus ook unieke
voordele en nadele.
Veselglaskaste
Voordele
-
Die kaste kan nie deur water beskadig word nie.
-
Die kaste kan in ‘n spesifieke kleur vervaardig
word. Die pigment is binne die veselglas, wat die kleur langer
behoue laat bly.
-
Die kaste is ligter.
-
Die kleurlaag kan vervang word teen ‘n minimale
koste.
-
Die uitleg binne kan jy self beplan en toerus.
-
Daar is ‘n beperking om die
beskikbare boustyle.
-
Sommige van die kaste het nie rakkies
en afskortings nie.
Houtkaste

Botteltjies is netjies genommer en
die lys is teen
die deksel geplaas |

Spaar stroppe word gewoonlik in een
van die
laaie geplaas |
Voordele
-
Die kaste wat behoorlik behandel is, kan nie deur
water beskadig word nie.
-
Die kaste kan in ‘n spesifieke houtsoort na jou
smaak vervaardig word.
-
Die kaste se buite en binne uitleg kan na smaak
vervaardig word.
-
Die kaste vertoon baie netjies.
-
Kaste wat nie goed behandel is nie,
trek skeef en swel op van die reën.
-
Die kaste wat van harde hout gemaak
word, kan soms swaar voorkom.
-
Kaste wat nie goed vervaardig is nie,
en ook van saamgepersde hout gemaak word, neig om vinnig
te breek en los te gaan.
My aanbeveling is dat indien jy die keuse van jou
tipe kas maak, dat jy ‘n betroubare hengelkas vervaardiger se produk
aankoop en nie noodwendig die goedkoopste nie. Ek kan jou verseker dat
die goedkoper opsie, gaan veroorsaak dat jy verseker weer gaan koop.
Inhoud van die Hengelkas
Weens die groot verskeidenheid van konsentraat vervaardeigers, gaan ek
nie aanbeveel watter fabrikaat gebruik moet word nie. Die verskeie
fabriseerders sal my kwalik neem indien ek enige fabrikaat bevoordeel
of benadeel. Die volgende beskou ek as ‘n noodsaaklikheid binne jou
hengelkas:
-
Ongeveer 30 Konsentrate in 50ml’s. Ten opsigte
van die konsentrate wil ek egter net uitwys dat dit raadsaam sou
wees om die volle spectrum van konsentrate in jou kas te hê. My
opinie is dat konsentrate in drie tipes verdeel kan word, nl:
-
Ongeveer 20 “Balldips” in 100ml’s. Dit is nie
raadsaam om dieselfde konsentraat in ‘n 50ml en ‘n 100ml bottel in
jou kas te hê nie. Dis ‘n vermorsing van spasie.
-
3 Soorte poeiers soos bv:
-
SA
-
Florenscene
-
Carmoisene
-
Ongeveer 5 soorte “Floaties.”
-
Mieliepitte is opsioneel.
-
Alle benodigdhede om stroppe mee te bind, bv:
-
Spaar stroppe van die verskillende soorte wat jy
gereeld gebruik.
-
Daar is verskeie hengelaars wat hulle katrolle se
spaar spoele in een van die kas se laaie plaas.
-
‘n Netjies opgestelde lys van die inhoud van jou
hengelkas soos wat dit gemerk of genommer is.
Uitleg van jou kas
Die uitleg binne ‘n hengelkas is baie persoonlik.
Baie van die hengelkaste word as ‘n standaard kas verkoop en by
sommige vervaardigers kan jy self die uitleg bepaal. Daar is egter ‘n
paar riglyne wat ek kan gee om te verseker dat jy jou kas inrig. Die
volgende kan jy gebruik as riglyn:
-
Plaas die items georden in jou kas. Met ander
woorde, sorg dat dieselfde goed alles saam geplaas word. So, die
50ml bottles is almal saam geplaas.
-
Die tendens is dat die 50ml bottles bo in die
kaste geplaas word, aangesien dit gewoonlik die meeste gebruik word.
-
Die spaar stroppe word gewoonlik in een van die
laaie geplaas.
-
Die spaarspoele word gewoonlik in die laai
geplaas.
-
Voorslag lyn tolle kan ook in die laai geplaas
word.
-
Die houers met die “floaties” word saam geplaas.
Dit kan bo in die kas geplaas word of in een van die laaie.
-
Die items wat benodig word vir stroppe bou, word
gewoonlik in ‘n kassie, in ‘n laai geplaas.
-
Die mieliepit houers kan bo in die kas of in die
laai geplaas word.
-
Die aas waarmee daar gehengel word, bv. deeg, kan
in ‘n houer geplaas word, in die laai of bo-in die kas. Sommige
hengelaars het ‘n werkskas aan hulle staanders waarin hierdie items
geplaas kan word.
Die beskikbaarheid van verskillende staanders maak
die keuse van die regte staander ook ‘n moeilike besluit. Dit gebeur
nog dat die tegnologie verder ontwikkel word, wat ook die maak van die
staanders. Die gevolg is dat die ontwerpe gereeld verander om die
hengel vir die hengelaars te vergemaklik en te verbeter.
Ek is van mening dat indien ‘n hengelaar ‘n staander gebruik wat reg
ontwerp is, dit die prestasie van die hengelaar sal help verbeter. Die
rede daarvoor is dat indien die plasing van die items soos die
voeremmer, emmer met water, erdwurms, ens. nie op die beste plekke is
nie, kan dit die produktiewe aksies rondom die hengelgerei belemmer.
Die logika is dus dat dit alles so geplaas word dat jy nie daaroor sal
val, dit sal om stamp, ens. indien jy beweeg agter jou hengelkas nie.
Die vasslaan van die vis wanneer dit byt moet ook moontlik wees.
Netheid van die hengelkas
'n Hengelaar wat ambisies het om kompeterend in die
provinsiale spanne deel te neem, sal die netheid van sy hengelkas en
staander moet verseker. Daar word by die keuringsprosesse na die
hengelkaste gekyk en die netheid van die hengelgerei tel punte.
Goeie netheid van die hengelkas en staander kan deur middel van die
volgende verkry word:
-
Die netjies nommering van die proppies en bottles
in die kas. Daar is verskeie metodes wat gebruik kan word soos bv.
plakkers, gravering, ens.
-
Netjiese verpakking van alle items in die
hengelkas.
-
Deur te verseker dat alle items binne die
hengelkas, die hengelkas self en die hengelkas staander skoon is.
Met ander woorde, nie stukke voer en deeg binne die kas en aan die
bottels.
-
Deur te verseker dat die hengelkas staander
netjies geverf is.
Die netjiese en professionele toerus van jou
hengelkas sal jou trots maak op jou gerei en dit sal vir jou gemaklik
en lekker wees om met jou hengelkas te hengel. Sodoende sal jy ‘n
goeie stelsel hê wsaarmee jy effektief kan hengel sonder om elke vyf
minute te soek na iets.
|
|
|
|