FRESH WATER
INDEX
  Fishing for large carp in spring
Carp Fishing Tactics
  2009 Karphengel SA's
Gilbert Foxcroft
  The never-ending road to monster carp fishing
Maruis le Roux
  Word ons aan ons neuse rondgelei?
André Dicks
Wat is verkeerd in Suid Afrika?
André Dicks
OutdoorPAGES toets die nuwe Carp Fanatics floaties
André Dicks
10th World Carp Angling Championships
André Dicks
My pad na sukses
Manie van Eeden
  Doorndraai Dam - 'n Fees van Hengel
André Dicks
Bow Fishing - The fight continues
André Dicks
Is dit al kurpertyd?
Andries Maree
  Hier is die regte manier om deeg voor te berei
Johan Marx
Look after our carp
Michael Demesmaeker
Pre-baiting
Michael Demesmaeker
  Carp rod basics
André Dicks
  Choosing the right rod pod
André Dicks
  A dark cloud is hanging over our future
André Dicks
Tangling with Eels
Barry Kurten
Part 11 - Protect our sport
John Dearden
  Part 10 - Bait Presentation
John Dearden
  Part 9 - Underwater Blues
John Dearden
Part 8 - FAQ
John Dearden
Part 7 - Early winter session
John Dearden
Baber Hengel - Deel 3
Henry de Beer
Somertyd is Kurpertyd!
Henry de Beer
Specimen Carp Fishing - Step 1-3
André Dicks
Baber Hengel - Deel 2
  Henry de Beer
Grass Carp - A Solution or a Problem
Johan Grobler
Wat behoort in my Hengelkas te wees
-
Baber Hengel - Deel 1
Henry de Beer
Wurm waarhede
Johan Marx
  Part 6 - Rigs & End Tackle for Carp
John Dearden
  Part 5 - Winter Fishing
John Dearden
Part 4 - Attractors, Stimulants and Enhancers
John Dearden
Part 3 - Specimen Angling
John Dearden
  Particle Fishing
Gilbert Foxcroft
  Effektiewe kort sessie karphengel
Gilbert Foxcroft
  Part 2 - Understanding base mixes and flavours
John Dearden
Part 1 - Specimen Carp Fishing
John Dearden
  Kom ons maak boilies!
Gilbert Foxcroft
The day I got hooked on specimen carp fishing
Johan van der Westhuizen
Vaaldam Bonanza 2004
Bernard Venter
Spesie karphengelaars maak geskiedenis
Gilbert Foxcroft
  Hartebeespoort Dam? You must be joking!
André Dicks
  Stroppe vir spesie karphengel
Gilbert Foxcroft
Moderne karphengel toerusting
Gilbert Foxcroft
Waar sal ek gaan hengel?
Gilbert Foxcroft
  Visse is met die maan gepla
Johan van der Merwe
Areas wat karp huisves
Gilbert Foxcroft
Die uitwerking wat seisoene op karp het
Gilbert Foxcroft
Opsporing van karp
Gilbert Foxcroft
Hantering en bewaring van karp
Gilbert Foxcroft
Dis gazebo koud by Ifafi
Schalk Nolte
Platannas is taboe
Schalk Nolte
  Believe it or not…
Flavio Ferreira
Rekord baber vir TV aanbieder
Joe Lategan
Rietvlei dam. Die dam vir groot karpe.
André Dicks
Wilderness Raft Fishing
Joe Lategan
Oberon
André Dicks
OUTDOORPAGES

FRESHWATER FISHING / VARSWATER HENGEL

Kisusuli Safaris
For the ultimate fishing safaris
made by fishermen for fishermen
http://www.kisusuli-safaris.co.za
ANGOLA - 2010
AUGUST SPECIAL
Cunene to Flamingo and beyond
http://www.kisusuli-safaris.co.za
Baber Hengel - Deel 2 




deur
Henry de Beer

SPITSBROEITYD

Baie hengelaars het al die frustrasie beleef van babers wat broei en net mooi aan geen aas vat nie. Gelukkig hou die spits broeitydperk op ‘n spesifieke plek nie baie lank aan nie, alhoewel dit in ‘n groot dam op verskillende tye op verskillende plekke kan plaasvind. Na vier tot sewe dae kom die babers tot ruste. Die babers begin padgee dieper water toe, maar daar sal nog vir ‘n hele aantal dae nog babers in vlak water wees. Eers na die klein babers hul verskyning gemaak het, sal al die volwasse babers na dieper water toe verskuif.


Rickus de Winnaar
met 'n baber van 12kg


Richard De Winnar met 'n
baber van 14kg

Beide babers is gevang in
die somer by Bloemhof dam

Net na die spitsbroeitydperk volg ‘n oorgangsperiode waartydens die visse na hul normale weivelde toe terugkeer. Dit duur ook nie lank nie en met die visse redelik wyd verspreid, moet hengelaars soek tot hulle opgespoor word. Dis nou ‘n goeie tyd om lokvoer gemaak van bloed en afval te gebruik om die babers na jou aas te lok.

Wat in die hengelaar se guns tel is dat die babers nou weer uitgehonger is na die broeityd. Natuurlike kossoorte is nog nie so volop nie, so omtrent enige aas kan gebruik word, soos byvoorbeeld “Giant” meelwurms, visfilette, viskoppe, dagoud kuikens, onvolwasse gebroeide kuikens, miswurms, swart krieke, kakkerlakke, bloedwurms ens.

Nie-vleis aas soos byvoorbeeld groot ongegeurde “floaties” kan ook gebruik word deur drie of vier op ‘n 1/0 tot 3/0 langsteel hoek te ryg en dit dan goed in hoender bloed te doop.

Dit is veral gedurende hierdie tydperk dat babers onder bome in die water saamdrom in die hoop dat klein voëltjies uit die neste uitval.

Saam met loodkoppe kan kunsvissies en swaailemme ook gebruik word. Die OPM Pike Buster, met sy kragtige sywaartse skommeling en grootte 3 en 4 swaailemme kan gebruik word. In hierdie tyd word swartbaarshengelaars telkemale onkant betrap deur ‘n baber wat die kunsaas gretig gryp.

SOMER

Die somerseisoen strek vanaf enige week in November regdeur tot April. Hierdie tydperk het ook drie periodes, naamlik vroegsomer, hoogsomer en laatsomer. Belangrike faktore sluit wel temperatuur in, maar dit is die hoeveelheid daglig wat baie meer effek uitoefen.

Die eerste twee periodes word gekenmerk deur die natuur wat vinnig die volle blom stadium bereik. Daar is volop natuurlike kossoorte, die plantegroei is weelderig, die dae is lank en die water bereik sy hoogste temperatuur.

Die water in die dam, en in sekere gedeeltes van riviere, stabiliseer en vorm duidelike lae. Die warmste laag met die meeste suurstof is op die oppervlakte met ‘n laag net onderkant dit wat vinnig na onder toe koeler word, met ‘n derde laag koeler water wat arm aan suurstof is, onder dit.

Baberhengel bereik ‘n hoogtepunt want die visse is baie aktief met ‘n hoë metabolisme, maar omdat kos so volop is, neem die intense kompetisie vir kos wat die vroeër somer gekenmerk het, heelwat af en die visse kan meer kieskeurig raak. Op verskillende tye kan die babers net op spesifieke kossoorte konsentreer. Daar kan byvoorbeeld net op bebroeide kuikens, of net op krieke, ge-aas word.

Hulle is wyd verspreid en ‘n wye verskeidenheid ase en tegnieke kan gebruik word om hulle te vang. Dis natuurlik nou dié tyd om lokvoer en bloed te gebruik om babers na jou aas te lok.

Alhoewel die babers nou dwarsdeur die water verspreid kan wees, sal hulle egter steeds in meer getalle gevind word waar suurstof en kos beskikbaar is.

In riviere is babers lief om agter klippe en ander versperrings, uit die stroom uit, te lê en wag op enige kos wat verbykom. Hulle moet dus op sulke plekke gesoek word en nie in die volle stroom van die water nie. Poele onderkant stroom versnellings, agter groot klippe, in diep kuile en sytakke is gunsteling plekke.

In damme is hierdie strategie nie so belangrik nie aangesien daar bittermin, of geen, stroom is nie. As dit baie warm is, is vroeg oggend en laat middag die aangewese tyd om babers te hengel. Anders moet hulle in die dieper kuile en gate gesoek word waar hulle weg van die warm water op die oppervlakte skuil.


Knyp volgende keer net 'n stukkie wors af en jy
sal verbaas wees om te sien hoe 'n goeie aas
dit kan wees vir baber

Aas sluit in bloedwurms, bebroeide eiers, vleis, wors, miswurms, “Giant” meelwurms, kakkerlakke, swart krieke, hartslag, hoenderlewer en harte, dooie voëltjies, dooie dagoud kuikens, erdwurms en die “Genuine Blood Bait” reeks deeg/pap ase gemaak van regte bloed, vis en lewer. Onthou, natuurlike kos is nou volop; dit is dus raadsaam om hoender of bees bloed oor jou aas te giet of dit daarin te doop. Dit kan net daardie ekstra bloed reuk wees wat die ding doen. Dit is ook ‘n goeie tyd vir kunsaas soos die loodkop, kunsvissies en swaailemme.

Somertyd is reëntyd, en terwyl ander visspesies vir die inkomende vuil, koeler water vlug, sal babers baie keer of op die skeidslyn tussen die vuil en skoon water of in die vuil water self, aangetref word.
Ook sal hulle in die invloei van spruite en riviere gevind word waar hulle op die nuwe kos voorraad lê en wag.

In die somer is babers veral lief om op dooie diere en voëls wat in die water beland, te aas, alhoewel hulle eintlik roofvisse is. Net soos leeus, sal hulle baie maklik aan dooie aas vreet – dis dan baie makliker as om jag op lewendige prooi te maak!

Namate die dae na hoogsomer korter begin raak, met ‘n gepaardgaande afname in die water temperatuur, sal babers geneig wees om areas op te soek waar daar nie soveel skommeling in die water temperatuur is nie. Babers sal eerder in koel water waar kos voorrade is, as in warmer dele wat nie kos huisves nie, opgespoor word.

Hierdie gedragspatroon word al hoe meer merkbaar soos wat die babers die dieper kuile en gate begin opsoek waar hulle oorwinter.

WINTER


Andries Maree met 'n 9kg baber gevang op 'n
klein Rapala - Shad Rap

Soos wat die dagtye verminder en die water koeler word, en die voorraad natuurlike kos begin opdroog, so ook neem die metabolisme af wat die baber dan minder aktief as in die somer maak.

In riviere en damme soek babers die diep kuile en gate op, en as hierdie plekke opgespoor kan word, is hengel baie suksesvol, veral as bloed oor jou aas gegooi word.

Die lengte van hierdie periode verskil na gelang van die landstreek. Maar of dit winter op die hoëveld of winter in die laeveld is, bly dit nog steeds winter vir die baber – die metabolisme het afgeneem en die vis is baie minder aktief. Tot in warm dele van die land, soos in die verre noord-oostelike dele, neem die aktiwiteit baie af.

Groter aas is nou die antwoord, want soos enige roofdier, sal ‘n baber liewers ‘n enkele, groot maal bo ‘n klomp kleintjies verkies. Enige van die aassoorte kan gebruik word. Vanaf ‘n boot, kan loodkoppe wat regaf op sulke plekke gewerk word, uitstekende resultate lewer.

Die winter gedragsperiode hou aan tot die vroeë somertydperk weer ingegaan word.

Indien een u ‘n hoenderboer is - Ons is opsoek na ‘n verskaffer van kuikens wat nog in hul dop is. Lesers wat sukkel om baber lokvoer (droog of gevries) en bloed in die hande te kry is welkom om ons te kontak by henkor@absamail.co.za of Tel: 012-3320179 (k/u)
 

 Save our Resources

OutdoorPAGES strongly encourages Catch and Release. It is up to us to conserve our natural resources for future generations.


Copyright © OutdoorPAGES. All rights reserved. No article or picture may be reproduced\published without the written consent of OutdoorPAGES.
The opinions expressed by authors and contributors does not necessarily reflect the viewpoint or policy of OutdoorPAGES.
Terms & Conditions | Privacy Policy