FRESH WATER
INDEX
  Fishing for large carp in spring
Carp Fishing Tactics
  2009 Karphengel SA's
Gilbert Foxcroft
  The never-ending road to monster carp fishing
Maruis le Roux
  Word ons aan ons neuse rondgelei?
André Dicks
Wat is verkeerd in Suid Afrika?
André Dicks
OutdoorPAGES toets die nuwe Carp Fanatics floaties
André Dicks
10th World Carp Angling Championships
André Dicks
My pad na sukses
Manie van Eeden
  Doorndraai Dam - 'n Fees van Hengel
André Dicks
Bow Fishing - The fight continues
André Dicks
Is dit al kurpertyd?
Andries Maree
  Hier is die regte manier om deeg voor te berei
Johan Marx
Look after our carp
Michael Demesmaeker
Pre-baiting
Michael Demesmaeker
  Carp rod basics
André Dicks
  Choosing the right rod pod
André Dicks
  A dark cloud is hanging over our future
André Dicks
Tangling with Eels
Barry Kurten
Part 11 - Protect our sport
John Dearden
  Part 10 - Bait Presentation
John Dearden
  Part 9 - Underwater Blues
John Dearden
Part 8 - FAQ
John Dearden
Part 7 - Early winter session
John Dearden
Baber Hengel - Deel 3
  Henry de Beer
Somertyd is Kurpertyd!
Henry de Beer
Specimen Carp Fishing - Step 1-3
André Dicks
Baber Hengel - Deel 2
Henry de Beer
Grass Carp - A Solution or a Problem
Johan Grobler
Wat behoort in my Hengelkas te wees
-
Baber Hengel - Deel 1
Henry de Beer
Wurm waarhede
Johan Marx
  Part 6 - Rigs & End Tackle for Carp
John Dearden
  Part 5 - Winter Fishing
John Dearden
Part 4 - Attractors, Stimulants and Enhancers
John Dearden
Part 3 - Specimen Angling
John Dearden
  Particle Fishing
Gilbert Foxcroft
  Effektiewe kort sessie karphengel
Gilbert Foxcroft
  Part 2 - Understanding base mixes and flavours
John Dearden
Part 1 - Specimen Carp Fishing
John Dearden
  Kom ons maak boilies!
Gilbert Foxcroft
The day I got hooked on specimen carp fishing
Johan van der Westhuizen
Vaaldam Bonanza 2004
Bernard Venter
Spesie karphengelaars maak geskiedenis
Gilbert Foxcroft
  Hartebeespoort Dam? You must be joking!
André Dicks
  Stroppe vir spesie karphengel
Gilbert Foxcroft
Moderne karphengel toerusting
Gilbert Foxcroft
Waar sal ek gaan hengel?
Gilbert Foxcroft
  Visse is met die maan gepla
Johan van der Merwe
Areas wat karp huisves
Gilbert Foxcroft
Die uitwerking wat seisoene op karp het
Gilbert Foxcroft
Opsporing van karp
Gilbert Foxcroft
Hantering en bewaring van karp
Gilbert Foxcroft
Dis gazebo koud by Ifafi
Schalk Nolte
Platannas is taboe
Schalk Nolte
  Believe it or not…
Flavio Ferreira
Rekord baber vir TV aanbieder
Joe Lategan
Rietvlei dam. Die dam vir groot karpe.
André Dicks
Wilderness Raft Fishing
Joe Lategan
Oberon
André Dicks
OUTDOORPAGES

FRESHWATER FISHING / VARSWATER HENGEL

Island View Lodge
Best tiger fishing on the Zambezi
Guides and Boats available
http://www.islandvl.com
Hentiesbay Angling Tours
Tailor made fishing safaris
to Angola and Namibia by Spyker
http://www.anglingnamibia.com
Baber Hengel - Deel 3 




deur
Henry de Beer


Die Skerptandbaber is sekerlik een van die gewildste teikenvis onder varswater hengelaars in Suid Afrika en word al hoe gewilder. Die baber is, na alles, die grootste inheemse roofvis in ons waters; in die Oranjerivier word grotes van 40kg en meer gevang. Dit is volop, baklei goed op ‘n hoek en is boonop ‘n uitstekende tafelvis. Sommiges meen dit smaak nes 'Kingklip'!

‘n Baber lewer pragtige dik, graatlose fillette op. Die rooikleur van die vleis verander na wit as dit gaargemaak word, en dit kan op enige manier met ‘n verskeidenheid speserye en kruie voorberei word.

Dit is ‘n omnivoor en sal op enige organiese materiaal wei, soos vis, voëls, krieke, kakkerlakke, erdwurms, paddas, slakke, krappe, garnale, insekte, klein diere, hoender hart, bees lewer, hoender lewer asook sade en vrugte. Alhoewel ‘n baber vars kos verkies, sal dit ook op dooie diere aas. Babers vorm skole om klein visse in vlak water aan te keer.

Haaie ruik 10,000 maal beter as die mens en ‘n baber kan net so goed ruik indien nie beter nie. Daar word beweer dat die baber meer as 27,000 smaak kliere op sy ligaam het. Dié smaak kliere is binne en buite sy mond, op sy snorre en regoor sy vel. ‘n Baber kan sy kos proe nog voor hy dit in sy bek kry.

BLOED

Bloed is die enigste reuk wat alle vis kan ruik en is dié dodelikste lokmiddel vir baber, synde dit ‘n oppertunistiese roofvis is wat in skole jag en die reuk van bloed en vleis van ver af kan ruik.

Hoekom is onuitgebroeide kuikens, nog in hul doppe, so ‘n dodelike aas vir baber? Dis kuikens wat normaalweg te swak is om self uit te broei of nie vinnig genoeg uit hul dop kom nie. Vries hulle kliphard met dop en al. Tydens gebruik word hul net ‘n bietjie ontvries, ‘n 5/0 langsteel hoek deur beide die dop en kuiken gedruk totdat die hoekpunt uitkom, en in die water gegooi. Dis die namaak van ‘n voël se eier wat uit die nes in die water val. Met die ontdooi van die eier gaan lê die gekraakte dop rondom die kuiken met die bloederige nageboorte wat uitlek en baber roep. Dit is dodelike aas vir babaer!

Bloed skrik ook nie ander vis af nie. Desember 2005 se koers, by Bloemhof, het ‘n bekende dames hengelaar en haar penmaat amper skoonskip in hul sone gemaak deur bloed op hul voerbolle te gooi.
Hulle het karp gevang!

Kyk ook hoe lekker byt kurper aan erdwurm wat in bloed gedoop is. Probeer dit, dit werk! En baber fillet in bloed gedoop is eerste op ‘n tiervis se spyskaart.

HOEKOM VOERPLEK MAAK VIR BABER?

Die meerderheid hengelaars gooi ‘n baber stok doer eenkant in die water en hoop vir die beste. Per ongeluk swem die skool by hul aas verby en hul vang een. Die res van die skool swem voort want daar is niks wat hul in die omgewing hou nie. Weer word aas aangesit, ingegooi en gehoop vir die beste.

Met bloed kan jy die skool na jou aas lok, in die omgewing hou, en gevolglik meer en vinniger babers vang as daarsonder.

Daar is drie verskillende tipes lokvoer wat vir baber gebruik word:

Vars lokvoer: Maklik om self te maak met ‘n lae reuk graad. Bloed en afval afkomstig van vis, bees en hoender word saamgevoeg, baie fyn gemaal en dan in balle of blokke gepers. Maak tennisbal grootte balle om met die hand in te gooi of vorm bolle rondom ‘n voerveer of sinker. Die vars afval balle word dan kliphard gevries. Gooi gevries in die water. Ek verkies ‘n mengsel van 40% vis, 30% hoender, 20% bees en 10% semel. Soos die balle ontvries en blus word die bloederige reuk in die water vrygestel. Die hoeveelheid vet in die mengsel bepaal die blus tyd. Met baie vet sal die byvoeging van nog semel help om die balle vinniger te laat blus, indien so verkies.

Rypgemaakte lokvoer: Moeiliker om te maak met ‘n uiters sterk reuk maar werk beter as vars lokvoer. Bloed en afval word saamgevoeg, baie fyn gemaal en dan in ‘n lugdigte drom gesit. Plaas die drom vir ‘n dag of twee in die son tot die mengsel lekker “klank” ontwikkel het. Maak dan voerballe en vries kliphard. Gooi gevries in die water. Omdat bees vleis beter en sterker “klank” ontwikkel verkies ek ‘n mengsel van 40% vis, 10% hoender, 30% bees en 10% semel. Gebruik weereens meer semel vir ‘n vinniger blus tyd. Hou in gedagte dat baber vars bo vrot verkies. Moenie die mengsel in die son los tot dit vrot nie; slegs lank genoeg om ‘n sterk reuk te ontwikkel met ‘n effense kleur verandering na swart.

Beide tipes lokvoer moet baie fyn gemaal word; jy wil daarmee net baber lok en nie vet voer nie.

Droë lokvoer: In die handel is tans ‘n droë lokvoer beskikbaar gemaak van bloedmeel, lewermeel, vismeel, koi pille en bees en hoender afval. Die lokvoer het ‘n lae reuk graad vir die hengelaar maar voldoende vir baber. Maklik en vinnig om te gebruik. Voeg net ‘n handvol of twee damwater daarby, brei goed, maak ‘n voerbol en gooi in die water.

Bloed op sy eie is dodelik as lokmiddel. Nes haaie kan baber die reuk van bloed gladnie weerstaan nie. Gooi mildelik oor jou lokbolle en aas om ‘n sterk reuk te voorsien. Bloed moet vars gebruik word daar dit vinnig vrot en hard word. Stoor op die kort termyn in jou yskas of vries dit vir latere gebruik. Hengelaars wat nie vars bloed in die hande kan kry nie kan gepreserveerde hoender bloed, wat nie sal vrot nie, by die meeste hengel winkels te koop kry.

LOKVOERBALLE

Daar word normaalweg naby die oewer vir baber gehengel – enigiets tot 30m ver. Begin voerplek te maak deur sowat vyf lokvoer balle op ‘n kol waar jy gaan hengel (teiken gebied) te gooi. ‘n Paar balle word dan tot 10m verder in ‘n sirkel rondom die teiken gebied gegooi.

Jy lok dus die skool nader met die verste balle, tot by die teiken gebied, waar die sterkste bloed reuk is.
Gooi net lokvoer balle na die sirkel rondom die teiken gebied tot jy ‘n skool in die teiken gebied kry. Met die skool in die teikengebied gooi jy net af en toe ‘n bal of twee om die skool daar te hou.

Vir enige verdere navrae kontak ons gerus by Tel: 012-3320179 (k/u) of e Pos: henkor@absamail.co.za

HOENDERBOERE - ONS IS DRINGEND OPSOEK NA NOG VERSKAFFERS VAN ONUITGEBROEIDE KUIKENS, NOG IN HUL DOPPE, ASOOK DAGOUE DOOIE KUIKENS! Kontak ons asseblief.
 

 Save our Resources

OutdoorPAGES strongly encourages Catch and Release. It is up to us to conserve our natural resources for future generations.


Copyright © OutdoorPAGES. All rights reserved. No article or picture may be reproduced\published without the written consent of OutdoorPAGES.
The opinions expressed by authors and contributors does not necessarily reflect the viewpoint or policy of OutdoorPAGES.
Terms & Conditions | Privacy Policy