FRESH WATER
INDEX
  Fishing for large carp in spring
Carp Fishing Tactics
  2009 Karphengel SA's
Gilbert Foxcroft
  The never-ending road to monster carp fishing
Maruis le Roux
  Word ons aan ons neuse rondgelei?
André Dicks
Wat is verkeerd in Suid Afrika?
André Dicks
OutdoorPAGES toets die nuwe Carp Fanatics floaties
André Dicks
10th World Carp Angling Championships
André Dicks
My pad na sukses
Manie van Eeden
  Doorndraai Dam - 'n Fees van Hengel
André Dicks
Bow Fishing - The fight continues
André Dicks
Is dit al kurpertyd?
  Andries Maree
  Hier is die regte manier om deeg voor te berei
Johan Marx
Look after our carp
Michael Demesmaeker
Pre-baiting
Michael Demesmaeker
  Carp rod basics
André Dicks
  Choosing the right rod pod
André Dicks
  A dark cloud is hanging over our future
André Dicks
Tangling with Eels
Barry Kurten
Part 11 - Protect our sport
John Dearden
  Part 10 - Bait Presentation
John Dearden
  Part 9 - Underwater Blues
John Dearden
Part 8 - FAQ
John Dearden
Part 7 - Early winter session
John Dearden
Baber Hengel - Deel 3
Henry de Beer
Somertyd is Kurpertyd!
Henry de Beer
Specimen Carp Fishing - Step 1-3
André Dicks
Baber Hengel - Deel 2
Henry de Beer
Grass Carp - A Solution or a Problem
Johan Grobler
Wat behoort in my Hengelkas te wees
-
Baber Hengel - Deel 1
Henry de Beer
Wurm waarhede
Johan Marx
  Part 6 - Rigs & End Tackle for Carp
John Dearden
  Part 5 - Winter Fishing
John Dearden
Part 4 - Attractors, Stimulants and Enhancers
John Dearden
Part 3 - Specimen Angling
John Dearden
  Particle Fishing
Gilbert Foxcroft
  Effektiewe kort sessie karphengel
Gilbert Foxcroft
  Part 2 - Understanding base mixes and flavours
John Dearden
Part 1 - Specimen Carp Fishing
John Dearden
  Kom ons maak boilies!
Gilbert Foxcroft
The day I got hooked on specimen carp fishing
Johan van der Westhuizen
Vaaldam Bonanza 2004
Bernard Venter
Spesie karphengelaars maak geskiedenis
Gilbert Foxcroft
  Hartebeespoort Dam? You must be joking!
André Dicks
  Stroppe vir spesie karphengel
Gilbert Foxcroft
Moderne karphengel toerusting
Gilbert Foxcroft
Waar sal ek gaan hengel?
Gilbert Foxcroft
  Visse is met die maan gepla
Johan van der Merwe
Areas wat karp huisves
Gilbert Foxcroft
Die uitwerking wat seisoene op karp het
Gilbert Foxcroft
Opsporing van karp
Gilbert Foxcroft
Hantering en bewaring van karp
Gilbert Foxcroft
Dis gazebo koud by Ifafi
Schalk Nolte
Platannas is taboe
Schalk Nolte
  Believe it or not…
Flavio Ferreira
Rekord baber vir TV aanbieder
Joe Lategan
Rietvlei dam. Die dam vir groot karpe.
André Dicks
Wilderness Raft Fishing
Joe Lategan
Oberon
André Dicks
OUTDOORPAGES

FRESHWATER FISHING / VARSWATER HENGEL

Eco Catch Carp Baits
Dips, boilies, floaties and feeds
Tried and tested; Visit our website
http://www.ecocatch.co.za
Cranberry Cottage
Four star accommodation in
Ladybrand. Visit our Website.
http://www.cranberry.co.za
Is dit al kurpertyd? 




Deur
Andries Maree


Kurpers

Ek wil graag hierdie artikel aan my pa opdra. Hy het my as kind die lekker van visvang laat beleef deur my saam te neem om kurpers te gaan vang. Daardie jare het ons baie visvang geleenthede gehad by Hartbeespoortdam, Klipvoordam, Bonacorddam en Loskopdam toe die dik bloues nog volop was.

As dit nie vir my pa was wat my die geleentheid gegee het om die lekker van visvang te leer ken nie, sou ek seker nooit die volle natuur van ons Liewe Vader geniet nie. Ek is seker daar is baie van julle wat julle vaders kan dank vir die bekendstelling aan visvang.

In Suid Afrika bestaan die Kurper familie uit verskeie sub-spesies. Ek dink hier byvoorbeeld aan die Rooibors, Blou, Kanarie, Vlei, Dwerg, ens. Hier by ons word die Rooibors- en Bloukurpers die grootste.

Dit is dan ook vir my baie hartseer dat die meeste van die vissermanne wat die ou dae kan onthou toe kurpers so lekker gebyt het, die manne was wat sakke vol kurpers huis te geneem het.

Ek dink dit is dalk een van die redes hoekom dit deesdae so skaars is en so moeilik is om die groottes te vang.

Habitat

Die Kurper familie is oor die algemeen slegs verspreid deur ons land in die damme en riviere waar die water se temperatuur relatief warm bly. As ek moet skat, behoort die water se temperatuur bo 18º te bly.

Kurpers is baie lief vir strukture. Hier verwys ek na klipriwwe, dooie bome in die water, gruisbodems, watergrasse, ens. Kurpers is van die visspesies wat in ‘n skool vorm. Dis baie min dat hulle enkel visse is. Dit gebeur net tydens broeityd wanneer hulle die neste maak vir die eiers.

Voedsel

Kurpers is volgens my “omnivore” Ek kan onthou dat ek jare terug groot Bloukurpers gevang het met groen “slikdrade” wat ek om die hoeke gedraai het. Oor die algemeen fokus hulle op spesifieke insekte as voedsel. Hierdie insekte sluit in “Mayflies”, naaldekokerlarwes, bloedwurms, krieke, rysmiere, ens. Dit gebeur ook dat die groter kurpers verkies om groter voedselsoorte te teiken soos vissies, paddas, naaldekokerlarwes, krappe, ens.

Aassoorte

Die kompeterende hengelaars wat in die warmer provinsies hengel teiken baie keer kurpers. Die hoof redes daarvoor is dat die ordonansie beperking op van die spesies laat ‘n hengelaar toe om ‘n goeie hounet vol vis te kan vang. Kurpers is gewoonlik in skole wat goed is vir die kompeterende hengelaars. Die ase wat gebruik word deur die sosiale en kompeterende hengelaars is dieselfde. Die volgende ase kan gebruik word om die kurper spesies aan te keer:

  • Rysmiere

  • Erdwurms

  • Bruinbrood

  • Mieliepap

Daar is oor al die jare ‘n gebruik om die aftreksels van bier (Maroek) te gebruik om die kurpers te lok. Jy kan self oorweeg om dit in die pap of brood in te brei.

Stroppe

Daar is nie werklik ‘n verskeidenheid spesialis stroppe vir kurpers nie. Die algemene gebruik is om kort, vaste, gooistroppe in te span om kurpers aan te keer. Daar is wel hengelaars wat al groot sukses gehad het met die gly-rietvlei strop. Daar is egter ‘n ander metode, maar dit word nie werklik baie gedurende kompetisies gebruik nie.
Dit is deur gebruik te maak van dobbers. Daar is verskeie dobbers in die mark beskikbaar, ek is egter baie lief om gebruik te maak van ‘n ystervarkpendobber. Jy kan met hierdie metode een of twee hoeke gebruik wat so ongeveer 25cm vanaf mekaar geplaas word op die lyn. Die een hoek is aan die punt van die lyn. Die dobber word dan op die hooflyn geplaas sodat die hoeke op die bodem van die dam kan lê. Indien die kurpers nie die aas vanaf die bodem af optel nie, kan jy die dobber skuif sodat die aas dan vanaf die bodem gelig word. As jy die VMC se 7102 #6 of #4 gebruik sal dit voldoende wees. Baie hengelaars maak ook gebruik van langsteel hoeke wat weerhakkies op die steel het. Sodoende kan die wurms netjies op die hoek bly. Moet egter nie te groot hoeke gebruik nie.

Hengeltegnieke

Die volgende tegnieke kan jy vir die kompetisies probeer:

  • Wurms. Jy kan van die normale kariba wurms gebruik maak deur ‘n enkel wurm te "ryg" op die hoek of om ‘n trossie wurms te haak. Jy kan selfs stukkies van die wilde wurms gebruik.

  • Wurms en pap. Jy kan enige van die bogenoemde gebruik en dan kan jy ‘n stukkie pap agter die wurm aansit by die ogie van die hoek.

  • Pap en brood. Jy kan die broodjie of pap ook alleen op ‘n hoek plaas in die vorm van ‘n druppel. Probeer om die hoek se punt so effens te laat uitsteek.

Om kurpers te lok kan jy vir jou voer aanmaak wat bier afsaksels (Maroek) en droëvoer of gekookte mieliegruis bevat.

Hoe byt kurpers

Hierdie visse met die skuurpapier op hulle lippe is geneig om baie skelm te wees. Die byte kan ‘n positiewe wegswem van die lyn wees wat sal lei tot die skreeu van jou katrol se rem. Die normale byt patroon wanneer jy stywelyn hengel vir hulle is dat die polisieman ritmies sal op en af beweeg.
Die vraag van wanneer moet ek vasslaan is die moeiliker een om te beantwoord. Wat ek kan aanbeveel is om maar by verskillende geleenthede van te slaan (kap) totdat jy suksesvol is. Wanneer jy gebruik maak van die dobber tegniek sal die kurper of die dobber onder die water in trek of die dobber laat regop staan wat vir jou die teken sal wees om vas te slaan.

Slotsom

Kurpers het al vir verskeie jare baie genot aan hengelaars verskaf en doen steeds. Die hengelaars wat bevoorreg is om ‘n boot tot hul beskikking het om kurpers te jag moet gerus dit gebruik. Jy sal die geleentheid hê om die kurpers te soek waar hulle in hulle "gate" is vir weiding en beskerming. Die 2kg en 3kg Kurpers het oor die jare baie skaars geraak by publieke oewers, so indien jy een vang, neem ‘n foto en plaas die vis terug sodat hulle weer kan broei.

Graag bedank ek vir Toni vir die beskikbaarstelling van sy private dam vir die artikel.


Die skrywer met 'n mooi kurper

 Save our Resources

OutdoorPAGES strongly encourages Catch and Release. It is up to us to conserve our natural resources for future generations.


Copyright © OutdoorPAGES. All rights reserved. No article or picture may be reproduced\published without the written consent of OutdoorPAGES.
The opinions expressed by authors and contributors does not necessarily reflect the viewpoint or policy of OutdoorPAGES.
Terms & Conditions | Privacy Policy