FRESH WATER
INDEX
  Fishing for large carp in spring
Carp Fishing Tactics
  2009 Karphengel SA's
Gilbert Foxcroft
  The never-ending road to monster carp fishing
Maruis le Roux
  Word ons aan ons neuse rondgelei?
André Dicks
Wat is verkeerd in Suid Afrika?
André Dicks
OutdoorPAGES toets die nuwe Carp Fanatics floaties
André Dicks
10th World Carp Angling Championships
André Dicks
My pad na sukses
  Manie van Eeden
  Doorndraai Dam - 'n Fees van Hengel
André Dicks
Bow Fishing - The fight continues
André Dicks
Is dit al kurpertyd?
Andries Maree
  Hier is die regte manier om deeg voor te berei
Johan Marx
Look after our carp
Michael Demesmaeker
Pre-baiting
Michael Demesmaeker
  Carp rod basics
André Dicks
  Choosing the right rod pod
André Dicks
  A dark cloud is hanging over our future
André Dicks
Tangling with Eels
Barry Kurten
Part 11 - Protect our sport
John Dearden
  Part 10 - Bait Presentation
John Dearden
  Part 9 - Underwater Blues
John Dearden
Part 8 - FAQ
John Dearden
Part 7 - Early winter session
John Dearden
Baber Hengel - Deel 3
Henry de Beer
Somertyd is Kurpertyd!
Henry de Beer
Specimen Carp Fishing - Step 1-3
André Dicks
Baber Hengel - Deel 2
Henry de Beer
Grass Carp - A Solution or a Problem
Johan Grobler
Wat behoort in my Hengelkas te wees
-
Baber Hengel - Deel 1
Henry de Beer
Wurm waarhede
Johan Marx
  Part 6 - Rigs & End Tackle for Carp
John Dearden
  Part 5 - Winter Fishing
John Dearden
Part 4 - Attractors, Stimulants and Enhancers
John Dearden
Part 3 - Specimen Angling
John Dearden
  Particle Fishing
Gilbert Foxcroft
  Effektiewe kort sessie karphengel
Gilbert Foxcroft
  Part 2 - Understanding base mixes and flavours
John Dearden
Part 1 - Specimen Carp Fishing
John Dearden
  Kom ons maak boilies!
Gilbert Foxcroft
The day I got hooked on specimen carp fishing
Johan van der Westhuizen
Vaaldam Bonanza 2004
Bernard Venter
Spesie karphengelaars maak geskiedenis
Gilbert Foxcroft
  Hartebeespoort Dam? You must be joking!
André Dicks
  Stroppe vir spesie karphengel
Gilbert Foxcroft
Moderne karphengel toerusting
Gilbert Foxcroft
Waar sal ek gaan hengel?
Gilbert Foxcroft
  Visse is met die maan gepla
Johan van der Merwe
Areas wat karp huisves
Gilbert Foxcroft
Die uitwerking wat seisoene op karp het
Gilbert Foxcroft
Opsporing van karp
Gilbert Foxcroft
Hantering en bewaring van karp
Gilbert Foxcroft
Dis gazebo koud by Ifafi
Schalk Nolte
Platannas is taboe
Schalk Nolte
  Believe it or not…
Flavio Ferreira
Rekord baber vir TV aanbieder
Joe Lategan
Rietvlei dam. Die dam vir groot karpe.
André Dicks
Wilderness Raft Fishing
Joe Lategan
Oberon
André Dicks
OUTDOORPAGES

FRESHWATER FISHING / VARSWATER HENGEL

Carp Fanatics Floaties
Simply the best floaties available
Cath more carp more often
http://www.carpfanatics.co.za
True Cast Inflatables
For Bass Fishing, Specimen Carp
Most affordable inflatable there is
http://www.truecast.co.za
My pad na sukses 




Deur
Manie van Eeden


My hengel geskiedenis het begin as klein seuntjie onder my pa se vlerk. Hartebeestpoortdam en Roodeplaatdam was maar ons hengelplekke waarheen ons gereeld gegaan het. Ek het ook gereeld saam met ons predikant en sy gesin gaan hengel by Roos se Oord, Roodeplaatdam en Loskopdam. Ek het nie gefokus op een spesifieke spesie nie en het baber, karp en kurpers gevang.

Nadat ek uit die skool is het ek op ’n meer gereelde grondslag begin hengel. Die damme wat ek gereeld besoek het was Roodeplaatdam, Klipvoordam, Roodkopjes en Rietspruitdam. Ek het my persoonlike beste van 12.95 kg karp by Roodeplaatdam gevang. Ek het ook per geleentheid by Hentiesbaai in Namibië gehengel..

Konvensionele hengel is al wat ek geken het. Ek sou my ook nie as ’n bobaas hengelaar uitmaak nie, maar moet bysê dat ek bitter selde lëehande teruggekeer het van die viswaters af.

Ek het sowat 2 jaar afgelê sonder om te hengel a.g.v. verskeie redes buite my beheer. In Januarie hierdie jaar het ek besluit om weer ernstig te begin hengel. Ek het aan ’n goeie kennis van my gemeld dat ek nou weer ernstig wil begin hengel. Dié het toe laat blyk dat hy amper elke naweek hengel, maar nie konvensioneel nie, maar wel spesie hengel.

Dit is die eerste keer dat ek van die tipe hengel te hore gekom het. Ek het gelees van die Boilie hengel wat ons land getref het, maar het gedink dit is maar gewone hengel met net ’n ander aas wat gebruik kan word. Die kennis het aan my begin verduidelik hoe spesie hengel werk en my verwys na OutdoorPAGES se webtuiste. Hy het ook vir my die Going for Gold DVD geleen wat hengelaars ’n baie goeie agtergrond gee van Spesie hengel. Ek was dadelik geïnteresseerd gewees met die konsep en het baie begin nalees oor die metode van hengel en al die etiek wat gevolg word ter beskerming van die vis.

Ek het die Internet deurkruis om meer inligting te bekom.

Die pad van konvensionele hengelaar na spesie hengelaar:

Toe ek besluit het om oor te gaan na spesie hengel toe, het ek dit as ’n projek vir myself gesien. Ek het werklik besluit om die besluit stap vir stap te ontleed en soveel moontlik inligting te bekom alvorens ek ’n sent geld uitgee op hengelgerei, aas, hoeke, sinkers, lyne, ens. of alvorens ek‚ die eerste keer gaan probeer spesie hengel.

Die eerste ding wat ek gedoen het was om ’n artikel van Gilbert Fox te lees wat op OutdoorPAGES beskikbaar is. Dit is ook in boekvorm beskikbaar.

Die artikel reeks bevat baie interresante leestof en gee ’n goeie oorsig waaroor spesie hengel handel.
Dit was ’n baie goeie kennisname met spesie hengel en is leesstof wat ek beslis sal aanbeveel. Na die lees van die artikels was my nuuskierigheid behoorlik geprikkel en wou ek net meer inligting bekom.

Na die lees van Gilbert se artikels het ek die Going for Gold DVD gekoop van OutdoorPAGES. Die DVD is moontlik een van die beste plaaslike produksies rakende spesie hengel. Die DVD bestaan uit drie diskette en verskaf sowat 5 ure van spesie hengelgenot. Ek het die DVD seker al 10 keer gekyk en dit maak baie lekker kykstof as jy ernstig is om spesie hengel op te neem. Die inhoud van die DVD dek belangrike elemente van die regte hengelgerei, die samestelling van eindgerei, verskillende knope, te veel om op te noem. As nuweling het die DVD vir my ’n baie goeie idee gegee wat my te wagte kan wees as ek ernstig is oor hierdie manier van hengel.

Ek het ’n nuwe opgewondenheid en uitkyk op hengel gekry. Een van die baie belangrikste kenmerke waarmee ek kennis gemaak het uit die bogenoemde bronne was dat spesie hengel gaan oor die vang van groot karpe oor die algemeen, maar die groot gewaarwording van spesie hengel was die etiek wat daarmee gepaardgaan. Die vis se welsyn word eerste gestel. Daar moet te alle tye na die welstand van die vis omgesien word.

Sekerlik die eerste aanpassing wat ’n konvensionele hengelaar, soos wat ek ook was, moet maak is om weg te doen met ’n hounet, dit is taboe vir spesiehengel en ’n streng beginsel van „catch & release“ word gehandhaaf, verder word ons karpvriende met sorg op ’n onthoek mat neergelê om die hoek sorgsaam uit die vis se bek te haal. Gevlegde skepnette word ook nie meer gebruik nie en slegs sagte gaas tipe skepnette met ’n wye skepwydte word gebruik, juis om die vis se skubbe en vinne te beskerm met die skep van die vis.’n Spesiale sagte weegnet word ook gebruik om die vis te weeg voor vrylating.

Die feit van die saak is dat sekere aankope gedoen moet word om oor te skakel, want daarsonder kan jy nie spesie hengel nie. Verskeie komponente van gerei in die konvensionele hengelaar se arsenaal word vervang.

Daar word byvoorbeeld ook weggedoen met die tweede hoek metode en Rietvlei strop. Ons gebruik nou die sogenaamde haarstrop en net een hoek word gebruik. Die aas word nie meer op die hoek gesit nie maar op die haarstroplyn.
Ek het nou ’n goeie begrip gehad van spesie hengel, maar daar was nog te veel vrae wat onbeantwoord is.

Ek het vervolgens aangesluit op die OutdoorPAGES webtuiste en het die Forum daagliks besoek. Ek het teruggegaan na vorige debatte en die inligting opgeslurp. Op die forum word verskeie onderwerpe bespreek en ek kon baie vrae vra wat dan deur meer ervare hengelaars beantwoord word.

Na my mening was die OutdoorPAGES Forum een van die mees insiggewende bronne om te gebruik om antwoorde te kry, so uit die perd se bek. Soms het ek maar dom vrae gevra, maar ek moes die inligting bekom alvorens ek ’n lyn in die water sit.

Ek het baie vrae gevra oor watter hengelgerei ek moet aankoop. Finansies speel hier 'n belangrike rol as jy goeie kwaliteit toerusting wil koop. Na soveel terugvoere was dit vir my reeds duidelik wat algemeen aanvarbaar en van goeie gehalte is, asook wat ’n tweede opsie sou wees indien die finansies nie hul kant bring nie. Ek was bevoorreg om die finansies beskibaar te hê en het weggepring met goeie kwaliteit gerei wat my ’n lang tyd sal hou.

Die beste voorstel was dat ek saam met ander spesiehengelaars gaan hengel vir 'n naweek en kyk watter toerusting hulle het en hoe hulle te werk gaan. Ek het besluit om ’n sosiale hengel kompetisie van OutdoorPAGES by te woon en self te gaan kyk hoe dit gedoen word. So gesê, so gedaan en ek woon toe ’n sosiale hengelkompetisie by en hengel sommer met ’n vriend van my se gerei. Ek het baie mooi geluister hoe die manne die ding doen en ek kry toe sommer die geleentheid om die persone op die forum te ontmoet. Dit help baie as jy iemand ontmoet om later meer vrae te vra.

Ek het die volgende naweek ’n hengelskou bygewoon in Pretoria met my kretdietkaart in my sak. Ek was meer deurmekaar as iets anders en het besluit om niks te koop nie. Intussen ontmoet ek ’n gewese Protea hengelaar via ’n kennis wat toe aanbied om saam met my te gaan as ek my aankope doen. Ek het hom by ’n bekende hengelwinkel ontmoet nadat hy vir my goeie pryse beding het.

Dit was nogal ’n lekker koopsessie gewees en ek het goed gevoel oor my inkopies. Ek het besluit om alles nuut te koop aangesien my bestaande hengelgerei al baie oud was en dit tyd geword het vir ’n lekker bederf. Ek het ’n vier-stok opset gekoop, vier Shimano 8000 baitrunner katrolle, vier Loomis Franklin 13“ stokke, ’n 'rodpod', hengelsakke, alarms, swingers, sagte skepnet, onthoekmatras, weegnet, ens.

Ek het nou al die "hardeware" gekoop maar is nog ver van om my eerste sessie te gaan hengel. Nou benodig ek nog net die belangrikste gedeelte, nl. die eindgerei, ase, braid, lyn, ens. Dit word die 'business end' genoem en dit is die kritiese gedeelte van spesie hengel. Dit maak nie saak of jy die beste stokke en katrolle en staanders het nie, maar as jou eindgerei nie met sorg en korrek voorberei is nie, kan dit tot baie telleurstellings langs die water lei. So sê die wat weet.

Dit moet duidelik gestel word dat dit nie nodig is om alles nuut te koop nie, ek kon net sowel my bestaande hengelgerei gebruik het deur sekere aanpassings te maak soos om die regte eindgerei, oftewel stroppe, te gebruik, en aan te pas by spesie hengel etiek soos onthoekmat, sagte skepnet en weegnet en om weg te doen met ’n hounet. Jy kan mettertyd jou hengelgerei aanvul soos wat dit nodig word. Onthou jou eindgerei is die gedeelte wat die vis vang en die vis kyk nie watter toerusting jy het nie. Solank jy in die regte area hengel en jou aas aanbieding goed is, sal die vis sy kant bring. Moet dus nie afgeskrik wees en dink jy moet alles nuut koop nie.

Ek het verder bly inligting soek op die forum, internet en weer die DVD gekyk om te sien hoe om goeie stroppe te maak asook die beste knope.

Verder het ek ook by meer gesoute hengelaars vir raad aangeklop. Ek het my katrolle vol lyn gemaak met lyn wat algemeen voorgestel was. Ek het saam met ‘n vriend gegaan sodat ek die regte hoeke, sinkers, veiligheidsknippe, 'tubing', krimppypies, 'swivels', ens. te gaan koop.

Ek kom nou al nader aan die punt om die eerste keer te gaan hengel. Een probleem wat ek toe nog gehad het, was watter aas om te koop, daar is so 'n groot variasie van boilies dat ek skoon verlate gevoel het. Die maklikste is om ’n sekere dam te teiken vir jou eertse sessie en uit te vind watter aas goed daar werk, en dan eers aan te koop. Dit help om klein weg te spring en net die nodige ase te koop, dit kan nogal ’n duur storie raak om eenmalig ’n groot hoeveelheid te koop.

Ek het toe besluit om via die internet, my eerste aankope te doen, by Hooked-online. Die rede waarom ek die besluit geneem het, is dat hulle ’n redelike groot variasie het en dat hulle dit in kleiner hoeveelhede verkoop wat dit moontlik gemaak het om ’n hele paar verskillende soorte te koop en dus ’n goeie basis het om vanaf te hengel en om later verder aan te vul.

Ek het intussen begin om my stroppe te bind, terwyl ek na die DVD gekyk het asook inligting wat ek van die Internet verkry het. Ek het weer baie vrae gevra en gelees oor die voorbereiding van partiekels soos hempsaad, maplepeas, chicpeas ens. ens. Ek het besluit om Monument dam te teiken vir my eerste kort sessie. My mikpunt was nie om die dag groot vis te vang nie, maar ek het dit opsy gesit as ’n oefensessie. Dit sou die eerste keer wees dat ek met my hengelgerei sou hengel en alles te toets en te beproef. Om voor te berei het ek Sondae middae op ’n veld langs my huis gaan oefen hoe om in te gooi, ek het gewerk veral aan my rigting en afstand. So het ek darem ’n gevoel gekry vir my nuwe stokke en katrolle.
Ek het die week voor ek sou gaan hengel baie tyd spandeer aan die voorbereiding van my grondvoer wat ek gaan gebruik by Monument dam. Ek het alles geweek en gekook soos ek moes. Een bekommernis wat ek gehad het was hoe om die grondvoer in die water te kry. Ek het besluit om met ’n 'methodfeeder' te hengel waar ek my partiekels binne in my mieliebom ingewerk het, dit is die naaste aan konvensioneel wat ek kon hengel. Ek het ook besluit om deur die dag my 'baitrocket' te beproef en te sien hoe dit werk.

Die groot dag het aangebreek en ek was oppad waters toe. Ek het goeie inligting bekom van ander hengelaars wat gereeld daar hengel en het ’n goeie idee gehad van waar om te gooi. Ek het ook die vorige naweek gereeld by die dam ’n draai gemaak en met hengelaars daar gesels en om al die moontlike hengelstaanplekke te bekyk.

By die dam aangekom het ek al my toerusting sorgvuldig uitgepak en staan gemaak. Ongelukkig het De La Rey al vroeg oggend sy verskyning gemaak. Ek het my stokke voorberei en my eerste volwaardige spesie lyne die water laat sien, al vier stokke met ’n mieliebom gemeng met partiekels op ’n 'methodfeeder'. Die hengel was baie stil en die vis het nie eintlik van hul laat hoor nie. Teen vroeg middag was dit duidelik dat my bure eerder daar was om jolyt te hou . Ek het een lyn uitgetrek en my 'baitrocket' aangesit en begin oefen om my grondvoer in die water te kry. Dit het nogal die aandag van die partytjiegangers langs my getrek en hulle het sommer stil geraak en seker gedink ek is besig om kop te verloor. Ek het teen laatmiddag opgepak sonder om ‘n vis te vang. Die vangstes by die dam was oral stil gewees, dus was dit nie net ek nie. Ek was baie tevrede met my sessie alhoewel ek nie iets gevang het nie. Onthou my hoofrede vir die sessie was om te oefen en my nuwe hengelgerei op die proef te stel
.
Die spesie gogga het nou behoorlik gebyt en ek het begin beplan vir ’n groot sessie by een van die beste spesiedamme nl. Rushmere/Laurentia, net sowat 4 km van my huis af. Weereens het ek die forum besoek en in die argiewe gaan soek vir inligting van die dam. Dit was gou duidelik dat die dam baie mooi vis het en as ek reg voorberei en positief is, ek beslis goeie vangste kan verwag. Ek het kontak gemaak met ’n hengelaar wat baie gereeld daar hengel en hy het sy kennis met ny gedeel, rakende ase wat werk asook watter hengelarea ('swim') ek moet kies en die rigting en afstand wat ek moet hengel.

Die naweek was beplan vir 26 – 28 Oktober 2007. Ek het my plek bespreek en die weer vir twee weke met arendsoë dopgehou. Dit het vinnig geblyk dat ek in is vir rëen, koue en wind maar dit het my nie afgesit nie, aangesien ek foto’s gesien het van mooi vis wat uitgekom het sowat 2 weke gelede in dieselfde toestande. Ek het goeie voorbereiding gedurende die week gedoen. Ek het my PVA sakkies met pellets (csl, betaine en halibaits) en gebreekte plein boilies klaar voorberei vir my sessie. Ek het ook vir my Pynappel en Perske boilies gaan koop omrede dit volgens bronne goed werk by Rushmere.

Ek het die Vrydag middag gou eers by ’n hengelwinkel gestop om nog ’n paar goed te koop en toe gou by die huis gestop en my stokke opgelaai en die pad Rushemere toe gevat. Al die ander goed het ek die vorige aand al in my motor gelaai.

Toe ek by die dam aankom het dit lig gerëen en ek moes my tent nog opslaan. Buurman Peter Niemann het kom hand bysit en vinnig was die tent staan en kon ek al my goed uitpak. Ek het aan Peter genoem dat ek baie nuut is in spesiehengel en dat hierdie my eerste groot sessie is, en dit nogal op my eie. Peter het dadelik begin om vir my raad te gee oor waar ek orals kan gooi en hoe ver asook watter boilies goed werk. Met so buurman wat al 7 jaar ondervinding het, het ek op my gemak gevoel.

Ek het so in die rëen my stokke voorberei en links uit gegooi vanaf Swim 7, so 30 meter uit en ongeveer 5 – 10m voor die riete. Ek was baie positief ingestel en het geglo dat ek ’n vis sal vang. Ek het maar my tyd verwyl binne in die tent en so teen 9 uur bietjie ingedut met my alarmverlengstuk voor my tent deur. Deur die aand het ek gereelde 'line bites' gehad wat my met my angstigheid opgejaag het. Ten minste het ek nou geweet die vis is besig in die area waar ek gegooi het.

Ek het net lekker warm gelê en amper aan die slaap geraak toe my linkerstok se alarm tweekeer pieep,........pieeep en toe wegvlieg met een en aanhoudende gepieeeeeeeeeeeep. Ek is met ’n groot spoed uit my tent uit, half angsbevange. Ek het kalm geword voor my stok en gesien hoe die katrol hardloop, ek het vir myself gesê ek moet nou kop hou en nie oorhaastige foute begaan nie. Ek het die spoel vasgegryp, die stok opgetel, die batitrunner knip oorgeslaan en begin katrol. Wat vir my baie snaaks was, was dat ek 30m links uit gehengel het, maar toe ek die vis kap was die vis sowat 10m regs van my. Hy moes op een of ander onverklaarbare rede daar gekom het sonder om die alarm te aktiveer.
Peter, my buurman, was gou daar om hand by te sit met die skep van die vis. Sy reaksie was dat dit ’n grote is en ek kon dit ook sien. Ons het die hoek uit die vis se bek gehaal en die vis binne die weegnet geplaas, die skaal het gestaan op 11.1kg, nadat die weegnet se gewig afgetrek is. Ons het die vis sy vryheid gegee en ek het reggemaak om my stok weer reg te kry. 


Manie met sy 11kg spieëlkarp

Ek was eintlik heeltemal verdwaas en dit voel of die oomblik net te vinnig verby is. Ek het op my bed gaan sit om eers tot verhaal te kom, en het natuurlik dadelik vir my hengelvriende die nuus per SMS meegedeel. Ek was trots op myself, juis omrede ek weet dat ek baie goed voorberei het vir die naweek se hengel en dat ek nou die vrugte pluk.

Ek het ’n lekker nagrus gehad met nog so paar lyn byte ('line bites') deur die nag net om my mooi wakker te maak elke keer. Die volgende oggend so teen 5 uur het Shanin van Rusmere my kom gelukwens nadat hy gehoor het van my vangs.

Saterdag het ek gewag dat die rëen bietjie wyk, maar daar was geen kans voor omtrent 4 uur die middag nie. Omrede dit gereën het, het ek maar weer op die bed gaan lê onder die kombers en my stokke dopgehou. Ek het weer so effens ingesluimer toe my linkerstok sonder waarskuwing aan die loop gaan en my alarm my met een groot lawaai tot my sinne roep. Ek is met ’n spoed na my stokke toe en het vas gekap, hierdie keer ’n 3.6kg karpie, tog het hy meer baklei as die ou grote van die vorige aand.

Saterdag aand het ek bietjie gaan kers opsteek by Shanin, Elsa en Peter en bietjie tips van die gesoute hengelaars gekry.

Ek het nog een behoorlike lopie gehad teen Sondagoggend 02:40. Dit was ’n goeie een. Ek het sommer so met my kouse oor die nat gras gehardloop en vasgekap. Ek het hom beslis aangehad, maar toe maak ek 'n groot fout. Terwyl ek probeer het om die skepnet nader te trek het ek vir ’n oomblik beheer aan die vis oorgegee deur op te hou katrol. Dit was ’n fout, ’n groot fout, want die vis het die kans gebruik om die lyn te laat vashaak. Ek het later met die boot ingegaan om die lyn en vis te probeer loskry, maar ongelukkig was dit sonder enige sukses.

Sondag was rustig en Elsa het my verder touwys gemaak oor sekere elemente van spesie hengel.

Vir my was dit ’n onvergeetlike naweek gewees. Ek kon slegs vir die tweede keer in my lewe die 10kg kerf oorsteek. Ek het nou die spesie-brug oorgesteek en het nog baie om te leer. Dit is die een ding van spesie hengel, miskien omdat dit nog relatief nuut in SA is, jy bly elke dag iets byleer en sal nooit ophou nie.
 

 Save our Resources

OutdoorPAGES strongly encourages Catch and Release. It is up to us to conserve our natural resources for future generations.


Copyright © OutdoorPAGES. All rights reserved. No article or picture may be reproduced\published without the written consent of OutdoorPAGES.
The opinions expressed by authors and contributors does not necessarily reflect the viewpoint or policy of OutdoorPAGES.
Terms & Conditions | Privacy Policy