FRESH WATER
INDEX
  Fishing for large carp in spring
Carp Fishing Tactics
  2009 Karphengel SA's
Gilbert Foxcroft
  The never-ending road to monster carp fishing
Maruis le Roux
  Word ons aan ons neuse rondgelei?
André Dicks
Wat is verkeerd in Suid Afrika?
André Dicks
OutdoorPAGES toets die nuwe Carp Fanatics floaties
  André Dicks
10th World Carp Angling Championships
André Dicks
My pad na sukses
Manie van Eeden
  Doorndraai Dam - 'n Fees van Hengel
André Dicks
Bow Fishing - The fight continues
André Dicks
Is dit al kurpertyd?
Andries Maree
  Hier is die regte manier om deeg voor te berei
Johan Marx
Look after our carp
Michael Demesmaeker
Pre-baiting
Michael Demesmaeker
  Carp rod basics
André Dicks
  Choosing the right rod pod
André Dicks
  A dark cloud is hanging over our future
André Dicks
Tangling with Eels
Barry Kurten
Part 11 - Protect our sport
John Dearden
  Part 10 - Bait Presentation
John Dearden
  Part 9 - Underwater Blues
John Dearden
Part 8 - FAQ
John Dearden
Part 7 - Early winter session
John Dearden
Baber Hengel - Deel 3
Henry de Beer
Somertyd is Kurpertyd!
Henry de Beer
Specimen Carp Fishing - Step 1-3
André Dicks
Baber Hengel - Deel 2
Henry de Beer
Grass Carp - A Solution or a Problem
Johan Grobler
Wat behoort in my Hengelkas te wees
-
Baber Hengel - Deel 1
Henry de Beer
Wurm waarhede
Johan Marx
  Part 6 - Rigs & End Tackle for Carp
John Dearden
  Part 5 - Winter Fishing
John Dearden
Part 4 - Attractors, Stimulants and Enhancers
John Dearden
Part 3 - Specimen Angling
John Dearden
  Particle Fishing
Gilbert Foxcroft
  Effektiewe kort sessie karphengel
Gilbert Foxcroft
  Part 2 - Understanding base mixes and flavours
John Dearden
Part 1 - Specimen Carp Fishing
John Dearden
  Kom ons maak boilies!
Gilbert Foxcroft
The day I got hooked on specimen carp fishing
Johan van der Westhuizen
Vaaldam Bonanza 2004
Bernard Venter
Spesie karphengelaars maak geskiedenis
Gilbert Foxcroft
  Hartebeespoort Dam? You must be joking!
André Dicks
  Stroppe vir spesie karphengel
Gilbert Foxcroft
Moderne karphengel toerusting
Gilbert Foxcroft
Waar sal ek gaan hengel?
Gilbert Foxcroft
  Visse is met die maan gepla
Johan van der Merwe
Areas wat karp huisves
Gilbert Foxcroft
Die uitwerking wat seisoene op karp het
Gilbert Foxcroft
Opsporing van karp
Gilbert Foxcroft
Hantering en bewaring van karp
Gilbert Foxcroft
Dis gazebo koud by Ifafi
Schalk Nolte
Platannas is taboe
Schalk Nolte
  Believe it or not…
Flavio Ferreira
Rekord baber vir TV aanbieder
Joe Lategan
Rietvlei dam. Die dam vir groot karpe.
André Dicks
Wilderness Raft Fishing
Joe Lategan
Oberon
André Dicks
OUTDOORPAGES

FRESHWATER FISHING / VARSWATER HENGEL

JL Customs Fishing Rods
Top quality carp fishing rods
manufactured by Johan Louwies
Tel: 014 596 6425
Carp Fishing Inflatables
Available in camo, rigid design
OutdoorPAGES gets R250 discount
http://www.sailaquatic.co.za
OutdoorPAGES toets die nuwe Carp Fanatics floaties 




deur 
André Dicks


Erfenisdam is geleë in sentraal Vrystaat, ongeveer 10 kilometer vanaf Winburg en was my eerste keuse toe Carp Fanatics my vra om hulle nuwe reeks floaties op die proef te stel. Die dam is slegs 1 uur se ry van waar ek bly in Bloemfontein en is een van die veiligste damme in my omgewing. Goeie vangste in die laaste paar maande was ook een van die redes hoekom ek op die dam besluit het. Karpe van tot 15 kilogram en grootbekgeelvisse van tot 7 kilogram was glo in November aangekeer.

Ek het Julius Klokow, ook van Bloemfontein, saamgenooi, net vir die dag. Die Desember vakansie was op ons en nie een van ons het werkik tyd beskikbaar gehad om vir langer te hengel nie. Ek en Julius het mekaar 7 uur Saterdag oggend by die dam ontmoet en aangesien ons tyd beperk was het ons die stokke in rekord tyd in die water gehad. Die uitdaging was om soveel as moontlik vis op die nuwe floaties te vang in die ses ure wat ons tot ons beskikking gehad het.


Carp Fanatics se verpakking
met waterdigte plakker

Carp Fanatics bied die floaties tans aan in 11 geure, wat volgens die vervaardigers al die mees gewilde en primêre geure en kleure insluit. Die geure is as volg 'Almond', 'Banana', 'Caramel', 'Duiwelsdrek', 'Garlic & Fluoro', 'Pineapple', 'Pink Sweets', 'Plain Orange', 'Plain White', 'Plain Yellow' en 'Sugar Coated'.

Ek is nie 'n voorstander van die honderde variasies van dips en geure wat tans die mark instroom nie, so ek was tevrede toe Carp Fanatics my meedeel dat die reeks nog net in 11 geure / kleure beskikbaar is. My strategie was nog altyd om sonder geure te hengel (skoon ase), maar sou ek iets spesifieks nodig hê, dan gebruik ek die nodige dip om 'n plein (skoon ongegeurde) aas te geur. Carp Fanatics bied juis dit met die 3 gekleurde 'plain' floaties ('plain orange', 'plain white' en 'plain yellow').

As jou gunsteling geur dus nog nie in die reeks beskikbaar is nie neem die kleur floatie van jou keuse en dip dit net voor jy ingooi in die spesifieke geur wat jy nodig het vir 'n spesifieke dam / applikasie.


My strop en aas het so gelyk

Volgens die resultate wat ek op die OutdoorPAGES Forum gesien het, het ek besluit om met 'n 'Sugar Coated' en 'n 'Pink Sweets' kombinasie op beide stokke te begin. Ek het 'n gly-rietvleistrop gebruik en het 'n enkel 'Sugar Coated' floatie op die onderste hoek en 'n enkel 'Pink Sweets' floatie op die boonste hoek gesit. Ek het gewone Super Cast Super Feed mieliebom gebruik met 'n Muti Magic 'Super Pineapple' boldip. Soos julle op die foto kan sien was ek nie skaam met die boldip nie. Ons tyd was min en ek wou seker maak ek kry genoeg voer en geur in die water, daarom die groot balle en baie boldip.

Ons was nie die enigste hengelaars gewees nie. Die eienaar van die plaas en nog 'n groep van twee hengelaars het binne loopafstand van ons af gehengel. Terwyl ons ons stokke reggekry het, het ons gesien hoe hulle 'n paar visse land in die 4kg klas. Dit het my baie gemotiveer en ek het vir Julius gesê dat dit net 'n kwessie van tyd sal wees voor ons ook visse sal kry. Ek glo die visse in Erfenisdam swem in groot skole. Ek het menigte male ervaar dat al ons stokke op die kant is nadat so 'n skool verbygekom het en al ons stokke een na die ander opgetel het. Dit is nie snaaks om vir vier ure niks te vang en dan skielik, binne minute,  ses visse te vang nie.

Ons het ons stokke ingegooi en die wag het begin. Vorige spesiehengelsessies by die dam het verseker dat ek reeds 'n basiese idee gehad het van die bodem formasies in die omgewing waar ons gehengel het. Ek het ingegooi tot waar ek gedink het die oorkantste wal van die rivierloop was, wat beteken het dat ek teen natuurlike struktuur gehengel het. Dit was op ongeveer 110 meter. Julius het bietjie vlakker gehengel, basies in die middel van die rivierloop. Die water hier was ongeveer 18 voet diep.

Die persepsie bestaan dat as jy met floaties hengel vang jy meestal net klein vissies, die wat nodig is om 'n hengelkompetisie te wen. Die Carp Fanatics floaties is bitter klein, ongeveer 4-6 mm in deursnee. As spesiehengelaar is ek gewoond daaraan om met ase tussen 18 en 40 mm te hengel. Ek was dus relatief skepties om 'n groot karp op die klien asies te vang, nie met al die onderbekke en geelvisse wat ook volop is in die dam nie.

Ongeveer 20 minute nadat ons ase die water getref het, kry ek 'n byt wat my alarm amper laat bolmakiesie slaan. Ek tel my stok op, en vir die volgende 20-30 meter lyn wat van die katrol afstroop kan ek niks doen om die vis te draai nie. Die feit dat ek ook nie gewoond is daaraan om met die klien hoekies te hengel nie het gemaak dat ek die vis ekstra versigtig gespeel het. Ek kon voel dit was 'n grote, 'n gevoel wat ek maande laas ervaar het. Toe die vis sy eerste draai in die vlak water voor my maak, toe raak ek eers opgewonde. Dit was nie omdat dit my grootste vis was nie, maar meer omdat ek dit as 'n uitdaging beskou het om 'n groot vis op die klein asies en hoekies te vang. Julius het die vis geskep en eers toe hy op die onthoekmatras lê toe sien ek eers hoe groot die vis werklik is. Dit was weer een van die mooi Erfenis spieëlkarpe  wat ek so lief is om te vang en hy het die skaal op 8,84 kg getrek. Ek moet erken dat ek op daardie oomblik was heel beindruk was met die aas.

Enkele minute later begin ons meer aksie te kry met die stokke wat een na die ander begin byt. Julius land 'n mooi 6,54 kg karp en volgens die glimlag op sy gesig het ek besef dat dit vir hom net so 'n aangename vangs was. My volgende lopie het 'n vis van 4,7 kg gelewer wat weereens 'n welkome vangs was.
 


My spieëlkarp van 8.84 kg

Julius se karp van 6,57 kg

Teen twaalfuur kry ek weer een van daardie byte wat my hare laat rys. Net soos die eerste vis het die vis aangehou lyn vat, maar die keer was die lopie van korte duur. Nog voor ek die vis kon draai, voel ek hoe ruk die vis los en raak my lyn slap. Ek katrol my lyn uit en vind dat altwee my hoekies oopgebuig is. Ek het nie eers baie spanning op die lyn gehad nie. Een van die hoeke moes vasgehaak het en die vis het alles oopgebuig en weggekom.

Skielik besef ek weer hoekom dit partykeer beter is om net met een hoek te hengel. As ek een hoek gebruik het, soos waaraan ek gewoond is, sou ek die vis nie verloor het nie en as spesiehengelaar weet ek ook dat dit beter is vir die welstand van die vis. Nodeloos om te sê, ek het onmiddelik besluit om swaarder te hengel, d.w.s met 'n haarstrop en groter hoek, net om seker te maak dat as 'n groot vis weer my aas optel, dat ek die keer darem 'n foto kan neem. Maar dit was te laat. Die tigernut wat ek ingegooi het, het in die laaste uur tot ons beskikking niks opgelewer nie, terwyl Julius nog 'n paar visse op die floaties geland het.

Ons het teen halftwee begin oppak en 'n halfuur later gery. Ek moet erken dat ek die sessie terdeë geniet het. Dit was meer as drie jaar gelede wat ek laas op die manier gehengel het, oftewel met 'n rietvlei strop. Die sessie was kort, maar tog was dit suksesvol dag. Na my mening het die aas hom oor en oor bewys en sal ek seker maak dat ek altyd daarvan byderhand het in die toekoms. 

Te sag?

Toe ek die botteltjie vir die eerste keer oopmaak en ek die tekstuur van die floaties voel, het ek gedink dit is te sag en dat dit van die hoek sal afkom. Meeste wat my ken weet ek hengel meestal swaar en ek probeer altyd so vêr as moontlik ingooi. Met dit in gedagte het ek werklik gedink die aas sal nie goed presteer nie, ten minste nie vir my nie. Tot my verbasing het nie een van die ase afgekom met die ingooislag nie. Ek het tot die gevolgtrekking gekom nadat ek opgemerk het dat van die floaties nog aan die hoek sit terwyl daar 'n vis aan die ander hoek was.

Ter afsluiting

Gewoonlik as 'n nuwe produk die lig sien word hy beskikbaar gestel in 'n magdom van geure en kleure. Dit maak dit partykeer moeilik om te besluit wat presies om te koop. Ek dink die meeste hengelaars wat dit sal oorweeg om met die nuwe floaties te hengel sal wonder hoekom dit tans net beskikbaar is in 11 geure/kleure. Ek het die vraag aan die vervaardigers gestel en hulle het my verseker dat hulle die reeks sal uitbrei soos die aanvraag na die produk verbeter. Meer geure asook 'n groter formaat is in die pyplyn. Die groter formaat sal spesifiek gerig wees op die sosiale mark.

Hoekom nog 'n aas? Carp Fanatics glo dat daar 'n behoefte bestaan vir kwaliteit produkte. Carp Fanatics verdun glad nie hulle geursels wat gebruik word in die vervaardiging van die produk nie en hengelaars kan verseker wees van die sterkste konsentrate op alle floaties. Maak net een van die botteltjies oop, vergelyk dit met enige ander produk op die rak, en jy sal 'n merkwaardige verskil ruik en sien. As Carp Fanatics sê dit is Pink Sweets, dan is dit PINK SWEETS, en daarvan kan ek getuig.

Wenk vir uitgedroogte, harde Carp Fanatics floaties

Die Carp Fanatics floaties het 'n unieke en sagte tekstuur. Dit is onvermydelik dat jy een of ander tyd die houer in die son gaan laat lê of die deksel oop gaan vergeet en dat die floaties gaan uitdroog en hard, selfs bros gaan word. Om die floaties weer te herstel kan jy 'n paar druppeltjies water in die houertjie gooi, dit skud en 'n paar minute los. Sodra die floaties van die vog opgeneem het sal hulle weer sag en hengelbaar wees.

As jy meer wil uitvind oor die reeks floaties van Carp Fanatics, besoek gerus hul webtuiste by www.carpfanatics.co.za.

Sien die OutdoorPAGES fotogallery vir meer foto's van visse wat op ons tweede sessie met die floaties gevang is. Ek en Julius het Erfenis weer twee weke later besoek en onder is 'n paar visse wat ons tydens dié sessie op die floaties aangekeer het.
 


Die uwe met 'n 7,3 kg spieëlkarp

Julius met 'n 7,9 kg spieëlkarp

 Save our Resources

OutdoorPAGES strongly encourages Catch and Release. It is up to us to conserve our natural resources for future generations.


Copyright © OutdoorPAGES. All rights reserved. No article or picture may be reproduced\published without the written consent of OutdoorPAGES.
The opinions expressed by authors and contributors does not necessarily reflect the viewpoint or policy of OutdoorPAGES.
Terms & Conditions | Privacy Policy