FRESH WATER
INDEX
  Fishing for large carp in spring
Carp Fishing Tactics
  2009 Karphengel SA's
Gilbert Foxcroft
  The never-ending road to monster carp fishing
Maruis le Roux
  Word ons aan ons neuse rondgelei?
André Dicks
Wat is verkeerd in Suid Afrika?
  André Dicks
OutdoorPAGES toets die nuwe Carp Fanatics floaties
André Dicks
10th World Carp Angling Championships
André Dicks
My pad na sukses
Manie van Eeden
  Doorndraai Dam - 'n Fees van Hengel
André Dicks
Bow Fishing - The fight continues
André Dicks
Is dit al kurpertyd?
Andries Maree
  Hier is die regte manier om deeg voor te berei
Johan Marx
Look after our carp
Michael Demesmaeker
Pre-baiting
Michael Demesmaeker
  Carp rod basics
André Dicks
  Choosing the right rod pod
André Dicks
  A dark cloud is hanging over our future
André Dicks
Tangling with Eels
Barry Kurten
Part 11 - Protect our sport
John Dearden
  Part 10 - Bait Presentation
John Dearden
  Part 9 - Underwater Blues
John Dearden
Part 8 - FAQ
John Dearden
Part 7 - Early winter session
John Dearden
Baber Hengel - Deel 3
Henry de Beer
Somertyd is Kurpertyd!
Henry de Beer
Specimen Carp Fishing - Step 1-3
André Dicks
Baber Hengel - Deel 2
Henry de Beer
Grass Carp - A Solution or a Problem
Johan Grobler
Wat behoort in my Hengelkas te wees
-
Baber Hengel - Deel 1
Henry de Beer
Wurm waarhede
Johan Marx
  Part 6 - Rigs & End Tackle for Carp
John Dearden
  Part 5 - Winter Fishing
John Dearden
Part 4 - Attractors, Stimulants and Enhancers
John Dearden
Part 3 - Specimen Angling
John Dearden
  Particle Fishing
Gilbert Foxcroft
  Effektiewe kort sessie karphengel
Gilbert Foxcroft
  Part 2 - Understanding base mixes and flavours
John Dearden
Part 1 - Specimen Carp Fishing
John Dearden
  Kom ons maak boilies!
Gilbert Foxcroft
The day I got hooked on specimen carp fishing
Johan van der Westhuizen
Vaaldam Bonanza 2004
Bernard Venter
Spesie karphengelaars maak geskiedenis
Gilbert Foxcroft
  Hartebeespoort Dam? You must be joking!
André Dicks
  Stroppe vir spesie karphengel
Gilbert Foxcroft
Moderne karphengel toerusting
Gilbert Foxcroft
Waar sal ek gaan hengel?
Gilbert Foxcroft
  Visse is met die maan gepla
Johan van der Merwe
Areas wat karp huisves
Gilbert Foxcroft
Die uitwerking wat seisoene op karp het
Gilbert Foxcroft
Opsporing van karp
Gilbert Foxcroft
Hantering en bewaring van karp
Gilbert Foxcroft
Dis gazebo koud by Ifafi
Schalk Nolte
Platannas is taboe
Schalk Nolte
  Believe it or not…
Flavio Ferreira
Rekord baber vir TV aanbieder
Joe Lategan
Rietvlei dam. Die dam vir groot karpe.
André Dicks
Wilderness Raft Fishing
Joe Lategan
Oberon
André Dicks
OUTDOORPAGES

FRESHWATER FISHING / VARSWATER HENGEL

Cranberry Cottage
Four star accommodation in
Ladybrand. Visit our Website.
http://www.cranberry.co.za
SA Carp Society
Fish private venues now
Protect the future of our sport
http://www.sacarpsociety.co.za
Wat is verkeerd in Suid Afrika? 




deur 
André Dicks

 



Rikus van Zyl - 14kg+ Spieëlkarp, Hartbeespoort Dam
 


Rikus as spesiehengelaar. Dié is maar net 'n
paar van die visse wat hy reeds gevang het

Ek het Rikus op ons heel eerste OutdoorPAGES spesiekarphengel seminaar by Rushmere ontmoet. Rikus se aangename persoonlikheid en passie vir die sport het gemaak dat hy baie vinnig vriende gemaak het, selfs tot in die boonste kringe van spesiekarphengel.

Sedertdien het hy talle sessies met legendes soos Hennie du Preez, Gilbert Foxcroft en ander gedoen, maar tog het hy nog altyd 'n lae profiel gehou. Al waanneer ek van Rikus hoor is as daar iets verkeerd is, soos dié artikel wat hy onlangs vir my gestuur het.

Rikus het 'n hengelsessie by Doorndraai gedoen en wat hy daar gevind het was skokkend en werd om ernstig opgeneem te word.

Rikus vra dat ons in die toekoms noukeurig moet dink voordat ons enige inligting oor ons grootvis-damme aan die massas bekendmaak. Na aanleiding van sy verslag het ek hom belowe dat OutdoorPAGES ons deel sal doen.

Hoekom is spesiehengelaars altyd so  geheimsinnig?

Dit is seker die mees algemene vraag wat aan spesiehengelaars gestel word. Ek kan julle vandag verseker dat dit beslis nie is omdat hulle nie inligting wil deel nie. Dit is bloot oor die risikos wat daaraan verbonde is deur almal te vertel waar en hoe om die grotes aan te keer.

Wat by Doorndraaidam gebeur het is 'n perfekte voorbeeld...

Vroeg in 2008 het 'n artikel in 'n tydskrif verskyn wat handel oor Doorndraai dam se groot karpe. Verskeie fotos van karpe bo 12 kg het dadelik groot belangstelling in die dam veroorsaak, soveel so dat die telefone onophoudelik gelui het met navrae oor hoe om daar te kom, watter aas om te gebruik, ens.

Slegs dae na die artikel verskyn het, het honderde hengelaars van regoor die land op die dam toegesak, en dit is presies waar die moeilikheid begin het.

Doorndraai dam is nie 'n maklike dam om by te hengel nie. Inteendeel, dit was nog nooit onder die massas as 'n karphengeldam bekend nie. Selfs hengelaars in nabygeleë Potgietersrus en Naboomspruit het nie by die dam gehengel nie. Die wat wel daar gehengel het, het kurper geteiken.

Doorndraai dam het verskriklik baie haakplekke op sekere plekke. Jy moet hom goed ken om werklik sukses te behaal en jy moet die regte gerei hê.

'n Paar weke na die artikel sy verskyning gemaak het kry ons die eerste slegte nuus op die OutdoorPAGES Forum. Volgens die verslag het een hengelaar twee karpe gevang en doodgemaak. Die een het oor die 18 kg geweeg!

Verskeie klagtes het daarna gevolg. Die meeste het gehandel oor karpe wat gevang en nie vrygelaat is nie, asook talle merkers wat deur hengelaars agtergelaat is wat die karakter van die dam heeltemal geskend het.

Rikus van Zyl het na een van sy hengelsessies met OutdoorPAGES in verbinding getree en van die probleme met ons bespreek.

Terwyl Rikus daar gehengel het, het hy by een kampie 'n klomp hounette in die water opgemerk en het hy besluit om ondersoek in te stel. Spesiehengelaars gebruik glad nie hounette nie en al wat dit beteken het was dat die betrokke hengelaar net daar was om die groot visse te vang met die doel om hulle te verwyder.

Met sy aankoms het hy hom voorgestel en oor algemene dinge gesels. Op 'n tafel het hy 'n paar tydskrifte opgemerk, almal oop op verkeie artikels wat handel oor Doorndraai dam.

Kort daarna het die gesprek gehandel oor die groot vis van Doorndraai en dit was nie lank nie toe wil die hengelaar spog met sy vangste. Groot was Rikus se verbasing toe hy die groot karpe sien wat in staalhokke aanghou was. Die een karp was ten minste 16 kg!

Om 'n lang storie kort te maak. Die hengelaar se aas was verkeerd, sy gerei nie op standaard nie en boonop hengel hy vir die pot. Dit is beslis een hengelaar wat jy nie kan bekostig om te vertel van grootvis-damme nie, maak nie saak wat nie!
 



'n Paar fotos wat enige spesiehengelaar sal ontstel. Kliek om te vergroot
 

Suid Afrika is nog glad nie gereed om sulke inligting mee te deel nie. Die bewyse is daar. Elke keer as 'n grootvis dam aan die massas bekendgestel word, sak hulle toe op die dam en honderde groot visse bly in die slag.

Spesiehengelaars kan tans nie bekostig om hulle strategië met die algemene publiek te deel nie. Hier volg 'n paar redes:

1. Al die hengelaars in Suid Afrika het nie dieselfde vang en vrylaat beginsels nie. Daar is steeds baie hengelaars wat nog nie weet hoe belangrik dit is, of watter voordele dit inhou vir hengel in Suid Afrika, om vis bo 10kg vry te laat nie.

2. Sekere van die tegnieke wat ons gebruik en plekke wat ons hengel vereis hoë vlakke van kundigheid en verantwoordelikheid. Daar is min mense wat weet hoe om vir groot karp naby struktuur te hengel. Daar is ook baie hengelaars wat glad nie die kundigheid het om 'n 15kg + vis suksesvol te land en vry te laat sonder dat die vis beserings opdoen nie.


Rikus doen die regte ding

3. Sekere damme het 'n beperkte hoeveelheid groot karp wat vereis dat ALLE vis vrygelaat moet word. Ons kan nie toelaat dat mense wat vis wil huistoe vat daar hengel nie.

4. Van die hengelaars wat uitvind van die grootvis-damme, weet nie eers hoe om die aas behoorlik voor te berei nie. Sommige hengelaars weet glad nie eers hoe nadelig dit vir karp is om met rou tigernuts, mielies en bone te voer of te hengel nie. Ek praat nie net van die een of twee visse wat gevang en doodgemaak word nie, maar die ander 20+ wat potensieël kan vrek as gevolg van die rou partikels in die voerplek.

Bogenoemde faktore dra daartoe by dat ons groot karpe se bestaan in gedrang is as die verkeerde mense by die grootvis-damme toegelaat word.

Doorndraai Dam is na my mening dié mooiste dam in Suid Afrika. Na die artikel is letterlik honderde merkers en toue asook duisende meters vislyn uit die dam verwyder deur spesiehengelaars soos Rikus. Let wel, deur spesiehengelaars en nie deur die morsjorse wat hulle daar geplant het nie. Die dam was nog nooit in so 'n slegte toestand soos nou nie.

Spesiehengel is nog besig om te groei. Eers as al die hengelaars op dieselfde golflengte is kan ons begin om sulke waardevolle inligting met onbekende hengelaars te deel. Tot dan sal spesiehengelaars geheimsinnig bly en die inligting net deel met die mense wat vertrou kan word.

Dis is 'n jammerte, maar tog nodig as ons enigsins ons grootvis-damme wil bewaar.

-----------------------------------------------------------------------------------------

Tot dusver het niemand werklik moeite gedoen om hierdie probleme daadwerklik aan te spreek nie. Ja, verskeie hengelaars het natuurbewaring gebel en ja, 'n paar briewe is aan tydskrifte geskryf (wat dalk nie eers gepubliseer is nie). Wat het dit gehelp?

Die Suid Afrikaanse Karp Vereninging of South African Carp Society sien hierdie voorbeeld as 'n tipiese uitdaging. As ons hierdie geveg nie in getalle gaan wen nie, sal niemand dit wen nie.
 

 Save our Resources

OutdoorPAGES strongly encourages Catch and Release. It is up to us to conserve our natural resources for future generations.


Copyright © OutdoorPAGES. All rights reserved. No article or picture may be reproduced\published without the written consent of OutdoorPAGES.
The opinions expressed by authors and contributors does not necessarily reflect the viewpoint or policy of OutdoorPAGES.
Terms & Conditions | Privacy Policy