FRESH WATER
INDEX
  Fishing for large carp in spring
Carp Fishing Tactics
  2009 Karphengel SA's
Gilbert Foxcroft
  The never-ending road to monster carp fishing
Maruis le Roux
  Word ons aan ons neuse rondgelei?
André Dicks
Wat is verkeerd in Suid Afrika?
André Dicks
OutdoorPAGES toets die nuwe Carp Fanatics floaties
André Dicks
10th World Carp Angling Championships
André Dicks
My pad na sukses
Manie van Eeden
  Doorndraai Dam - 'n Fees van Hengel
André Dicks
Bow Fishing - The fight continues
André Dicks
Is dit al kurpertyd?
Andries Maree
  Hier is die regte manier om deeg voor te berei
Johan Marx
Look after our carp
Michael Demesmaeker
Pre-baiting
Michael Demesmaeker
  Carp rod basics
André Dicks
  Choosing the right rod pod
André Dicks
  A dark cloud is hanging over our future
André Dicks
Tangling with Eels
Barry Kurten
Part 11 - Protect our sport
John Dearden
  Part 10 - Bait Presentation
John Dearden
  Part 9 - Underwater Blues
John Dearden
Part 8 - FAQ
John Dearden
Part 7 - Early winter session
John Dearden
Baber Hengel - Deel 3
Henry de Beer
Somertyd is Kurpertyd!
Henry de Beer
Specimen Carp Fishing - Step 1-3
André Dicks
Baber Hengel - Deel 2
Henry de Beer
Grass Carp - A Solution or a Problem
Johan Grobler
Wat behoort in my Hengelkas te wees
-
Baber Hengel - Deel 1
Henry de Beer
Wurm waarhede
Johan Marx
  Part 6 - Rigs & End Tackle for Carp
John Dearden
  Part 5 - Winter Fishing
John Dearden
Part 4 - Attractors, Stimulants and Enhancers
John Dearden
Part 3 - Specimen Angling
John Dearden
  Particle Fishing
Gilbert Foxcroft
  Effektiewe kort sessie karphengel
Gilbert Foxcroft
  Part 2 - Understanding base mixes and flavours
John Dearden
Part 1 - Specimen Carp Fishing
John Dearden
  Kom ons maak boilies!
Gilbert Foxcroft
The day I got hooked on specimen carp fishing
Johan van der Westhuizen
Vaaldam Bonanza 2004
Bernard Venter
Spesie karphengelaars maak geskiedenis
Gilbert Foxcroft
  Hartebeespoort Dam? You must be joking!
André Dicks
  Stroppe vir spesie karphengel
Gilbert Foxcroft
Moderne karphengel toerusting
Gilbert Foxcroft
Waar sal ek gaan hengel?
  Gilbert Foxcroft
  Visse is met die maan gepla
Johan van der Merwe
Areas wat karp huisves
Gilbert Foxcroft
Die uitwerking wat seisoene op karp het
Gilbert Foxcroft
Opsporing van karp
Gilbert Foxcroft
Hantering en bewaring van karp
Gilbert Foxcroft
Dis gazebo koud by Ifafi
Schalk Nolte
Platannas is taboe
Schalk Nolte
  Believe it or not…
Flavio Ferreira
Rekord baber vir TV aanbieder
Joe Lategan
Rietvlei dam. Die dam vir groot karpe.
André Dicks
Wilderness Raft Fishing
Joe Lategan
Oberon
André Dicks
OUTDOORPAGES

FRESHWATER FISHING / VARSWATER HENGEL

Carp Fishing Inflatables
Available in camo, rigid design
OutdoorPAGES gets R250 discount
http://www.sailaquatic.co.za
All Out Angling Tackle
A new tackle shop in Centurion
Call us for all your angling needs
http://www.alloutangling.co.za
Waar sal ek gaan hengel? 

Gilbert se artikels is nou op CD beskikbaar. Die CD werk op enige rekenaar met Microsoft Windows 95 of hoër en bestaan uit dertien hoofstukke (60 bladsye) wat gevul is met hope fotos, illustrasies, wenke, resepte en tegniese inligting. Bestel die CD aanlyn of stuur 'n e-pos aan info@outdoorpages.co.za.

 


deur
Gilbert Foxcroft


Gilbert met 'n karp van 16.45 kg

Soos ek in die vorige hoofstuk genoem het is die opsporing van karp die enkele belangrikste oorweging wat in aanmerking geneem moet word om suksesvol te wees. Dit is verkeerd om te dink dat daar net een of twee plekke by ‘n sekere dam is waar jy suksesvol gaan wees en as jy nie in een van hierdie plekke is nie gaan jy net sit en kampeer. Dit is wel waar dat karp in groepies net in sekere areas van die dam gevind sal word gedurende die winter maande, maar daardie areas moet eers opgespoor word en dit is wat hierdie metode van karphengel so opwindend maak. Die teenoorgestelde is natuurlik waar vanaf Augustus to Maart.

Voordat ek verder gaan wil ek verduidelik waarom ons somtyds vir tot 24 maande op een dam konsentreer en dan eers ‘n ander dam opsoek. Om gereeld suksesvol te wees moet jy die water van binne sowel as buite ken en ook weet watter tye produktief is! Jy kan dit nie leer in een of twee besoeke nie en dit geld vir die verskillende areas om die dam. Die antwoord is om metodies te werk te gaan en al die moontlike hengelplekke uit te toets en dit neem tot 12 maande van gereelde hengel om ‘n volledige prentjie te vorm. Dit is waarom ek 24 maande genoem het. Deur van een dam na ‘n ander rond te spring kry jy geen idee van die beweging van die visse en ook nie van die produktiewe tye nie. Jy kan baie gelukkig wees en sukses behaal met jou eerste sessie, maar dit kan ook tot mislukking op mislukking lei.

METODIESE BEPLANNING

KEUSE VAN DAM / RIVIER
Voordat jy jou keuse maak moet jy jouself die vraag afvra: “Waarom wil ek juis by hierdie dam gaan vang?” Die antwoorde kan eindeloos wees, maar die grootste oorwegings sal distansie, toeganklikheid en hengelbaarheid wees. Natuurlik sal distansie heel bo aan jou lys verskyn, want dit is nie moontlik om 2 of 3 naweke ‘n maand so ver as 500 km te ry om te gaan hengel nie. Ek hengel gewoonlik 2 tot 3 naweke ‘n maand (Vrydag – Sondag) en ry vir dit nie sommer meer as 200 km ver nie, veral nie as ek ‘n 12 – 24 maande program by ‘n dam volg nie.
‘n Ander oorweging kan ook die grootte van die vis wees. Die meeste van ons wil die grootste karp moontlik vang, maar wil ook konstante aksie kry. So, ‘n goeie bron van inliging is tydskrifte soos Stywe Lyne, Web Tuistes en jou lokale koerante wat van tyd tot tyd berigte oor vangste publiseer.
Reg, jy het nou besluit jy wil gereeld groot vis vang maar jy moet nou besluit of hierdie dam wat jy in wil hengel geskik is vir jou doelwitte of nie. Indien jou antwoord JA is, het jy ‘n hengelplek. Maar moenie mismoedig word as jy nie suksesvol is met jou eerste sessie nie, want dit is waarom ons ‘n lang program be-oefen. Dit is hier waar aanhouer wen tot sy reg kom. Deur by een enkele dam te hengel vir ‘n tydperk, leer jy die dam en al sy buie ken en dit is goed om so kennis op te doen. Jy leer wat werk en wat nie, hoe die weer die vis beïnvloed en die belangrikste is waar jy sukses behaal en waar nie.
‘n Dam of rivier naby aan jou huis maak die saak soveel makliker want jy kan dit baie meer gereeld besoek en jou kanse op sukses verdubbel. Maar die feit bly staan dat die keuse van die regte dam / rivier baie belangrik is, want jy kan nie vang wat nie daar is nie, al is dit op jou voorstoep. Dit is baie belangrik om verseker te weet dat die dam waarin jy hengel of wil hengel beskik oor die potensiaal waarna jy soek. Daar is verskeie maniere om op so ‘n dam af te kom, kom ons kyk hoe:

TOEVALLIG

Dit kan per toeval wees dat jy op ‘n dam afkom wat medium tot groot vis bevat, soos byvoorbeeld Florida meer wat net 9 minute se ry van my huis af is.

BOEKE EN KOERANTE
Hou lokale literatuur dop, want elke nou en dan verskyn daar artikels met fotos wat bruikbaar kan wees. Natuurlik hoe ouer ‘n dam is hoe beter. Jy moet ook kyk na die dam se opvangsgebied. Vind uit of die dam al ooit leeg was en indien wel hoe leeg.

SINDIKAAT DAMME
Dit is nog nie so bekend in Suid-Afrika nie, maar daar bestaan byvoorbeeld die Donaldson Sindikaat (‘n Sindikaat vir elkeen van die twee damme in die kompleks) naby Randfontein. Hier betaal jy tans tussen R1,200 en R1,700 per jaar om daar te hengel, maar met ‘n streng vang-en-vrylaat reël. In Engeland is dit baie bekend en suksesvol aangesien daar totale beheer oor die vang en vrylaat van visse uitgeoefen word.

LEER DIE DAM KEN
As jy erg is oor jou kanse op sukses en jy betaal goeie geld om by so ‘n plek te hengel dan moet jy alles in jou vermoë doen om soveel moontlik oor hierdie plek uit te vind. Hoe meer jy weet hoe beter.

ARTIKELS IN TYDSKRIFTE
Indien dit gebeur dat jy op ‘n artikel of twee afkom waarin besonderhede oor die betrokke dam verklap word, moet jy dit as beginpunt gebruik vir jou strewe na groot vis.

MEDE HENGELAARS
Stel jouself voor aan die manne wat al vir ‘n geruime tyd daar hengel. Hulle sal aan jou fynere besonderhede kan verskaf soos, waar die meeste vis gevang of gesien word, hoe gereeld die vis gevang word en natuurlik watter metodes die beste werk.

BESOEK DIE WATER SELF
Daar is geen beter manier van inligting insamel nie as om self eerstehands te gaan kyk nie. Moet nie net daar opdaag reg om te begin hengel nie. Met jou eerste besoek behoort jy eers om die dam te gaan stap (as dit klein genoeg is) en te kyk hoe die oewer lyk. Kyk na die grandiënte op die kant en skets vir jouself ‘n prentjie. As die dam se watervlak laag is, is dit eintlik beter want wat op die droë grond sigbaar is, kan heel moontlik net so onder die water wees. Observasie is hier baie belangrik, want groot karpe wys presies waar hulle is (vroegoggend en laat middag), so probeer onthou waar jy die vis sien spring het wanneer jy vir jou eerste sessie gaan. Ander hengelaars op die oewer kan jou ook ‘n idee gee van gewilde hengelplekke, maar moenie dit as wet beskou nie. Ons vang baie keer op plekke waar jy jou gerei moet dra want selfs ‘n 4x4 kan nie daar kom nie. Dit is areas waar die vis veilig voel en hulle nie hengeldruk ervaar nie.

JOU EERSTE SESSIE

MOENIE TE GOU JOU KAMPPLEK REGKRY NIE.
Kyk eers waar spring die vis, in watter rigting waai die wind en waar is die sigbare struktuur. ‘n Vis wat spring dui gewoonlik ‘n eetplek of struktuur aan, so wees geduldig. Stel eers jou terrein merker op en gooi een van jou lyne uit met net ‘n sinker aan om te voel hoe die bodem voel. As jy gereeld vashaak, dan weet jy daar is te veel struktuur onder die water. Beweeg dan totdat jy nie meer vashaak nie. Begin dan met jou terrein merker die area fynkam vir diepte en variasies in diepte.

DIE TERREIN MERKER


Die Terrein Merker

Terrein opsporing is een van vele faktore wat bydra tot die sukses van ons sport. Dink net; dit gee jou insae oor wat presies onder die water aan die gang is, dit gee jou insig oor die moontlike posisie van areas wat karp van hou, waar hulle patroleer en waar die struktuur is. Terrein opsporing verg nie veel moeite nie, maar die wat dit nie gebruik nie, weet nie presies wat aangaan daar waar hulle aas land nie. Dit kan die verskil beteken tussen sukses en mislukking. Jy hoef nie noodwendig die merkerdobber te gebruik nie. Daar is baie goeie bekostigbare “echo sounders” op die mark beskikbaar, so al wat jy benodig is ‘n kano. Die probleen is net dat nie almal kanos het nie en sommige damme word dit ook nie toe gelaat nie. Dit is wanneer die dobber metode tot sy reg kom. Kom ons kyk hoe werk dit.

WAT BENODIG EK?
Om terrein opsporing te kan doen benodig ek ‘n merkerdobber (Kostes wissel tussen R20 – R100), ‘n rubber kraletjie, ‘n 80g – 100g sinker en ‘n skêr. Onthou dat die sinker nie te klein moet wees nie, want dit kan die akuraatheid van die diepte beinvloed. Belangrik is dat die sinker ‘n draaispil aan moet hê, want jou hooflyn word daardeur gevoer.

OPSTEL VAN DIE MERKER
Sien bygaande skets. Sodra die lyn deur die visstok se ogies gevoer is, voer jy die lyn deur die ogie van die draaispil, daarna kom die rubber kraletjie en laastens word jou lyn aan die draaispil, wat vas is aan die merker, gebind. Ek verkies ‘n kort, dik sinker want dit bied meer weerstand op die bodem.

BEPAAL DIE DIEPTE VAN DIE WATER
Sodra jy die merker opgestel het, gooi jy die spul so ver jy kan, dan wen ek die lyn op totdat dit styf is. Ek trek dan die visstok sywaarts (stadig) en kyk na die visstok se punt vir bewegings. Na elke trekslag, met die lyn steeds styf, laat ek lyn van die katrol af, een voet op ‘n slag, totdat ek die dobber sien. Ek skryf dan die diepte neer op die lyn wat ek op ‘n stuk papier getrek het. Wanneer die merkerdobber by die oewer is, herhaal ek die hele proses totdat ek die hele area gedek het. Aangesien ek links-handig is gooi ek eers links uit. Ek werk altyd baie metodies om ‘n presiese prentjie te kry. Dus gooi ek eers links uit en werk terug tot by die oewer en stadig beweeg ek van links tot regs oor my hengelarea.

HOE WEET EK WAT OP DIE BODEM AANGAAN?
Deur ‘n 95gram sinker te gooi en dit weer baie stadig op die bodem langs terug te wen is baie tydrowend, maar dit kan vir jou meer duidelikheid gee van wat op die bodem aangaan. Daar is baie metodes om ‘n sinker so terug te wen, maar die effektiefste een is om, nadat jy gegooi het, die lyn styf te maak met die visstok se punt inlyn met die vislyn in die water. Beweeg dan die visstok effens skuins opwaarts tot omtrent 45°. Hou gedurende hierdie beweging jou visstok se punt dop. Hieronder beskryf ek hoe jy kan onderskei tussen harde, sagte of watergras bodems.


Let op na jou visstok se punt, dit vertel
meer as wat jy dink

HARD EN KLIPPERIG
Jou visstok se punt sal rondspring soos die sinker oor die klippies spring. Hou gerus dop hoe lyk jou sinker na ‘n paar gooie. Dit behoort kap of krapmerke op te hê.

SILT OF MODDER
Dit herinner my aan die gevoel wat ek sal ondervind as ek ‘n lyn met ‘n sinker oor ‘n wolkombers sou trek. Jou visstok se punt het nie daardie springerige aksie nie, maar dit sal buig elke keer wat jy die sinker nader trek. Hoe dikker die silt / modder hoe groter sal die buig in jou visstok wees.

WATERGRAS
Wanneer jy ‘n sinker deur watergras trek sal jou visstok se punt buig en skielik terugspring as die sinker uit die watergras kom. Hoe dikker die watergras, hoe moeiliker sal die sinker uitkom. Dit kan ook gebeur dat jy ‘n klomp watergras saam met die sinker kan inbring.

SANDERIGE BODEM
Die sinker sal maklik oor die bodem gly sonder dat jou visstok se punt reaksie toon.

KLEI BODEM
Klei kan jy maklik met die gooi opmerk. Die sinker sal in die klei ingly en slegs uitkom met ‘n goeie trek.
‘n Ander manier om te voel hoe hard die bodem is, is deur jou vinger op die spoel te druk ‘n oomblik voordat jou sinker die water tref. Hou jou vinger op die spoel en voel hoe die sinker deur die water val en “doef” op die bodem. As die bodem hard is sal jou visstok se punt terugspring. As die bodem sag is sal dit nie gebeur nie.

‘n Baie belangrike punt wat ek moet beklemtoon is dat jy na elke gooi jou sinker moet ondersoek. Jy sal somtyds stukkies watergras, modder, silt of klip merke op die sinker sien. Dit sal jou help om meer van die dam se bodem te leer.

Jy moet te alle tye jou tekening van die dam se bodem byderhand hou want so kan jy ook aanteken of die bodem hard of sag is. Nou word jou prentjie al amper kristalhelder en jou harde werk aan die begin van jou sessie word nou die moeite werd, al wat nou kort is die karp self.

 


Deur gebruik te maak van die Terrein Merker kan die bodem formasie, diepte en
strukture en noukeurig gedokumenteer word


 Save our Resources

OutdoorPAGES strongly encourages Catch and Release. It is up to us to conserve our natural resources for future generations.


Copyright © OutdoorPAGES. All rights reserved. No article or picture may be reproduced\published without the written consent of OutdoorPAGES.
The opinions expressed by authors and contributors does not necessarily reflect the viewpoint or policy of OutdoorPAGES.
Terms & Conditions | Privacy Policy