OUTDOORPAGES FORUM
FORUM HOME
LATEST THREADS
LATEST REPLIES
OUTDOORPAGES
ECO-CARE TRUST
FISHING PAGES
BANK ANGLING
BARBEL FISHING
BASS FISHING
DROPSHOT FISHING
FISHING CLUBS
FLY FISHING
MATCH / FEEDER ANGLING
OFFSHORE FISHING
ROCK & SURF
SPECIMEN CARP
TIGER FISHING
LIGHT TACKLE BOAT
CAMPING PAGES
CONSERVATION PAGES
LIFESTYLE PAGES
PHOTOGRAPHY PAGES
SPORT PAGES
CLASSIFIEDS
LOUNGE
HELP & FAQ
FORUM SEARCH
OUTDOORPAGES





OutdoorPAGES FORUM

CarpSeeker Baits
The BEST for GREAT results
Seleted for BEST results
Tel: 060 310 4814
Lake Grappa
Guest Farm & Ski School
near Augrabies
Tel: +27 (0) 82 429 4811
OutdoorPAGES Membership
Join OutdoorPAGES Today
Become a better angler
http://www.outdoorpages.co.za
 Ads by OutdoorPAGES 
FISHING >> ROCK & SURF
Go BackGo Forum HomeRefresh this pageFrequently Asked Questions (FAQ)

THREAD DETAILS

Post New Reply      THREAD DETAILS VIEWS = 4124
 rooi getye
nitehawkies
04-Aug-2009 11:15

wats die oorsaak dat rooi-getye geskied ?
menigte mense se dat die see sy maag uitspoel!

[ VIEW LAST POST ]

REPLY #1

RE: rooi getye
nitehawkies
04-Aug-2009 13:11

dit kom gewoonlik in die nasomer of herfs langs die wes kaap -of suidkaapse kus voor.
die suidewinde wat dan waai, voer koue voedingsoute water uit die dieper see na die oppervlak,n proses wat as opwelling bekend staan.

in hierdie opgewelde water is die dinoflagellaat-siste, die onaktiewe vorm van die organismes wat meestal in die afsaksels op die seebodem le. die hoe konsentrasie voedsoute in die water tesame met die tempratuur,geskikte soutgehalte en genoeg lig, laat die siste ontkiem.

die vinnige groei en verdeling van die dinoflagellate,soms tot miljoene selle per liter water,hul saambondeling deur die winde en seestrome,asook hul vermoe om na die oppervlak te swem, laat n rooigety ontstaan

word die toestande in die oppervlak ongunstig,vorm hul weer dormante siste wat na die seebodem afsak .


REPLY #2

RE: rooi getye
Skuimkop
04-Aug-2009 22:13

Hawkies vra jy nou eintlik ons of sê jy vir ons? LOL


REPLY #3

RE: rooi getye
Vrottes
05-Aug-2009 07:19

Die ou vissermanne hier by ons noem dit Geelbek water !



REPLY #4

RE: rooi getye
Boerq
05-Aug-2009 13:56

Nitehawkies - dit klink min of meer reg! As ek so 'n bietjie kan uitbrei...

Wat ook gebeur, wat veroorsaak dat die visse vrek en kreef uitloop, is dat hierdie triljuisende mikro-organismes, saam met die bakteriee wat die dooie mikro organismes ontbind, al die suurstof in die water opgebruik, en dus die visvrektes, en uitloop van krewe ens.

Onthou om nie mossels of enige "filter-feeders"te eet tydens en na rooigety nie! Hulle raak dodelik giftig! Baie mense se mens moet ook nie die kreef eet nie, maar dis 'n bog storie. Maak net seker jou kreef is lewendig wanneer jy hom kry.

Ek onthou op Velddrif was die rooigety partykeer so erg dat die water so swart soos olie geword het. Nogal interessante diertjie wat uitspoel wat 'n mens nooit geweet het in die see bly nie. Ons brass en koper goete in die huis het ook rooi-swart begin verkleur, en dit STINK!

Rooigety is 'n natuurlike verskynsel, maar dit word ook baie deur die mens aangehelp. 'n Groot bydrae daarvoor is kunsmis vanaf plase wat in die rivier afspoel, en ook later op die seebodem beland as 'n tipe slik. Wanneer die see dan weer onstuimig word, word al hierdie vrugbare en organismes opgeskommel en die bakteriee gaan weer mal. Dit is hoekom ons hierdie verskynsel al hoe meer gereeld sien.

Ek het dit lank terug geleer, so as ek erens lieg, help my maar uit asb hehe!


REPLY #5

RE: rooi getye
Skuimkop
05-Aug-2009 18:20

Boerq die kunsmus storie maak vir my sin daar by Velddrif met al die plase by die rivier op. Leer ek weer iets.

Ek hoop nie ek overload my brein hier op OP nie want elke dag leer ek ietsie nuuts hier. LOL


REPLY #6

RE: rooi getye
Geelbek
21-Aug-2009 08:12

Harmful algae are microscopic,single-celled plants that live in the sea. Most species of algae or phytoplankton are not harmful and serve as the energy producers at the base of the food web, without which higher life on this planet would not exist

Occasionally, the algae grow very fast or "bloom" and accumulate into dense, visible patches near the surface of the water. "Red Tide" is a common name for such a phenomenon where certain phytoplankton species contain pigments and "bloom" such that the human eye perceives the water to be discolored. Blooms can appear greenish, brown, and even reddish orange depending upon the type of organism, the type of water, and the concentration of the organisms. The term "red tide" is thus a misnomer because blooms are not always red, they are not associated with tides, they are usually not harmful, and some species can be harmful or dangerous at low cell concentrations that do not discolor the water.
Unfortunately, a small number of species produce potent neurotoxins that can be transferred through the food web where they affect and even kill the higher forms of life such as zooplankton, shellfish, fish, birds, marine mammals, and even humans that feed either directly or indirectly on them.

Scientists now prefer the term, HAB, to refer to bloom phenomenon that contain toxins or that cause negative impacts.

Hoop dit help ook.

Ek wil tog vertel dat as daar rooigety is in Falsbaai ,veral Gordonsbaai kant om jouself n guns te doen.Gaan laat aand en parkeer op die pad om die berg na Rooiels....net voor Kogelbaai se uitkyk punt....skakel ligte af .........en sien die mooiste skouspel van die fosfor in die rollende branders......rooigety "maak" ook dat daar baie fosfor in water teenwoordig is


REPLY #7

RE: rooi getye
New Rod
21-Aug-2009 12:12

Thanks Deon, baie interesant. En ek sien Vrottes het alweer akkies gepraat toe hy sê dit is ook "Geelbek" gety ......... he he he


REPLY #8

RE: rooi getye
Skuimkop
21-Aug-2009 17:29

Hel hier moet ek bly want ek gaan slim word hier. Ek het al baie gehoor van die fosfor maar nog nooit self gesien nie so ek sal 'n punt daarvan maak om te gaan kyk as ons weer 'n rooi gety hier het. Dankie oom Geelbek.


REPLY #9

RE: rooi getye
nitehawkies
23-Aug-2009 21:37

ekt al eenkeer daai fosfor gesien in jacobsbaai langs die weskus by saldanha-baai se wereld ! daai plek ruik permanent na rooi gety veral vroeg oggend en agtermiddag


REPLY #10

RE: rooi getye
Geelbek
24-Aug-2009 07:04

New Rod...lol ja nee ek ken ook nie daai een nie......wanneer komjulle af ......Mosselbaai se kant toe ???


REPLY #11

RE: rooi getye
New Rod
24-Aug-2009 07:45

Deon, dit lyk nie asof ons Mosselbaai sal kan maak nie, die beter helfde se verlof is verkort - 5 dae plaas van 10 so dit lyk asof ons net tot by Plet gaan kom dan weer huis toe. Ons is in Plet tussen die 19 Sept tot 23 Sept. Laat weet as jy in Mosselbaai is daai tyd dan kom ons deur vir so vinnige kuiertjie?


[ BACK TO TOP ]
 Did you know?


To make the forum more manageable OutdoorPAGES archives all posts older than 20 days. Use our ALL Posts or Forum Search features to access posts older than 20 days. The Forum Search feature allows you to search topics discussed on this forum since its inception in 2003. Just think how much info is contained in this resource. Want to become a better angler? Go Forum Search Now!!!



Copyright OutdoorPAGES. All rights reserved. No article or picture may be reproduced\published without the written consent of OutdoorPAGES.
The opinions expressed by authors and contributors does not necessarily reflect the viewpoint or policy of OutdoorPAGES.
Terms & Conditions | Privacy Policy

pub-8107763361343301