OUTDOORPAGES FORUM
FORUM HOME
LATEST THREADS
LATEST REPLIES
OUTDOORPAGES
ECO-CARE TRUST
FISHING PAGES
BANK ANGLING
BARBEL FISHING
BASS FISHING
DROPSHOT FISHING
FISHING CLUBS
FLY FISHING
MATCH / FEEDER ANGLING
OFFSHORE FISHING
ROCK & SURF
SPECIMEN CARP
TIGER FISHING
LIGHT TACKLE BOAT
CAMPING PAGES
CONSERVATION PAGES
LIFESTYLE PAGES
PHOTOGRAPHY PAGES
SPORT PAGES
CLASSIFIEDS
LOUNGE
HELP & FAQ
FORUM SEARCH
OUTDOORPAGES





OutdoorPAGES FORUM

Lake Grappa
Guest Farm & Ski School
near Augrabies
Tel: +27 (0) 82 429 4811
OutdoorPAGES Membership
Join OutdoorPAGES Today
Become a better angler
http://www.outdoorpages.co.za
Pienaar Verkoeling
Air Conditioners Sale / Repairs ...
Offers benefits to OutdoorPAGES
Tel: 082 648 6454
 Ads by OutdoorPAGES 
FISHING >> SPECIMEN CARP
Go BackGo Forum HomeRefresh this pageFrequently Asked Questions (FAQ)

THREAD DETAILS

Post New Reply      THREAD DETAILS VIEWS = 2372
 Dooringdraai dam
linda
14-Dec-2009 09:01

Ons was nou vir 3 aande da en het niks gevang nie . Kan enige iemand asb vir ons raad gee waar die beste staan plek by die dam is en hoe ver en diep die beste gan wees om te hengel .

[ VIEW LAST POST ]

REPLY #1

RE: Dooringdraai dam
Maruis Le Roux
14-Dec-2009 09:33

Hi Linda,

Reg om die dam sal n mens maar altyd kyk no 20-25voet water. Ek sal net se dat veral by Doorndraai moet jy versigtig wees om nie te veel voer in te sit nie. Voer maar net so 3 hande oor elke stok. As julle te veel in die area gevoer het beweeg dan maar na n volgende en begin oor.

Groete

M


REPLY #2

RE: Dooringdraai dam
christo
16-Dec-2009 08:23

Dankie vir die raat marius.gaan vandag weer soontoe.hoop die slag gaan dit beter


REPLY #3

RE: Dooringdraai dam
Carp Addict
17-Dec-2009 11:32

Vriend van my het my vertel dat die CHAOS is by DD... Hordes ouens, BAIE afgebreekte lyn in die water.... darem sad hoe so n nice plek so verwoes kan word...

Sterkte Christo, hoop jy kry n paar visse.


REPLY #4

RE: Dooringdraai dam
Julius
17-Dec-2009 13:25

Dis regtig jammer om te hoor... die hounette staan ook seker teen die bank af... ek wens dit word verban.

Ek het verlede week weer gesien hoe hounette vis verniel maar die ouens wat dit gebruik gee nie om nie. Soms word die groter vis later weer vrygelaat maar die skade is klaar gedoen... waarom 'n groot vis in 'n hounet plaas as hy weer vrygelaat gaan word? Ek kan dit nie verstaan nie... of is sommige van ons maar net te fyngevoelig oor die gebruik daarvan?


REPLY #5

RE: Dooringdraai dam
spinedok
17-Dec-2009 13:31

Nee Carper

Ek stem saam, verban die goed, dit maak geen sin om die vis daarin te hou nie, meeste van die ouens oor die vakansie seisoen hou die vis oornag en laat hulle dan eers vry, en dan wonder hulle hoekom daar gate in hul nette is en net vis koppe wat oorbly, die vis het geen kans teen otters en dies meer nie.


REPLY #6

RE: Dooringdraai dam
Carp Addict
17-Dec-2009 14:56

Carper, ek het al daai fight telke male gehad met sulke ouens, en na al hierdie tyd kon niemand vir my n goed genoeg rede gee om n keepnet te gebruik, behalwe vir kompetisies nie...

Logika se vir n mens dit is n dom idee om n groot karp in n keepnet te sit wat duidelik te klein is vir die vis... en ook dat vlak waters in die warm somer son baie laag in suurstof is wat die visse laat vrek. Nie te praat van die son se hitte op die visse nie... Ek het al ouens gesien wat die keepnet omdraai en die visse uitskud, hulle sien die dooie visse dryf en skop dan die goed in die water in...!!???!!??!!!! Doff!!!!





REPLY #7

RE: Dooringdraai dam
Bruce Lee
18-Dec-2009 12:05

Ek sê altyd vir die ouens as jy die vis nou regtig wil laat oornag vir geen rede kry n Carp sack , dis n 'space saver' en lyk net baie beter as daai groen stuk net met tennis balle en wat wat ..Maar ja verban die goed !!
So gepraat van Dooringdraai ek het 2 fotos van n 16kg karp wat n kurper hoek en 2 pienk krale aan het nie eers gepraat van die lyn nie ...


REPLY #8

RE: Dooringdraai dam
FRANS
20-Dec-2009 23:01

Hi ,manne
Van my vriende wat groot in die kompeterende oewer hengel is, se dat hul ook van volgende jaar verplig word om die spesie tipe van skepnette en hou nette te gebruik en dat hul elke twee ure moet inweeg en die vis dadelik moet los, ek dink dus great,dus baie waar dat baie vis vrek van die heeldag hou en ek het al gesien te Arabie dam na kompetisies is dit net dooie vis wa jy kyk en dan natuurlik na dit krokodille wat agter die dooie vis aan is, plaas vat die ouens liewer die dooie vis as om dit net so te los,hoop die nuwe reels ga help,maar ek dink die grootste probleem le by die gewone sosiale ouens,hul het hul eie reels en steer hul aan niks en niemand,het n ruk terug te dorindraaidam gesien waar n persoon 16 karps gevang het van 7 tot16kg agter in n venter sleetwa,vra hom hoekom hy nie die vis los nie ,sy antwoord aan my was dus kos vir die plaas arbeiders,die tipe goed sal ou mal maak
Goed gaan manne


REPLY #9

RE: Dooringdraai dam
FRANS
20-Dec-2009 23:19

Manne, wil ook net iets noem rondom die baie afgebreekte lyne te doringdraaidam,meeste van die ouer manne wat doringdraai hengel weet hoe die dam vroeer jare gelyk het,bloekom bosse ens,die dam het baie snags en meeste van die tyd wat ek gesien het moet jy in jou invlaitible of cano klim en die vis in die water ga skep,90 persent van die kere wat ouens hul lyne inbring of vis in bring hak hul en op die end breek hul af ,self as jy hak klim in jou boot en ga probeer jou lyn los kry, sou jy afbreek is dit se 10 m of so lyn en nie honderde meter lyn as jy op die kant breek,die spesie lyne is baie sterk en dik lyne wat lank ga vat om so af te breek dat dit nie n probleem vir mede hengelaars of die natuur ga wees nie,warmbad dorp dam het net so probleem,so dat mense nie kan waag swem in die dam of lyne of hoeke hak hul,ek dink ons het n groot verantwoordelikheid veral teenoor die natuur rondom lyne wat rond le
Thanks manne


REPLY #10

RE: Dooringdraai dam
Snytjie
21-Dec-2009 10:53

This just highlights something which I have suspected since I started angling specimen style: information about dams just cannot be shared on a public forum. Ironically, I myself learned most of what I know now on this very forum, coupled with a few sessions. I did however started specimen angling excactly because I was hugely frustrated by the lack of proper ethics amongst most SA anglers. That assured that I applied what I learned here with responsibility. Unfortunately, information about specimen anglers, their venues and their success was put out there for everyone to see, and amongst the 'everyone' you find also those who use the info without applying the ethics. The need to have an open forum also unfortunately presents an opportunity for people to do just that ..

I definitely wish to share info about venues, baits, strategy etc with other responsible anglers, as was done onto me. But I will be very careful to first find out who that angler is...It only takes the one arsehole to make the work of 50 responsible anglers undone..


REPLY #11

RE: Dooringdraai dam
Carp Addict
23-Dec-2009 14:13

Frans, I agree with you about snagged lines. The amount of times I have seen so-called responsible anglers standing on the bank "pulling for a break" when their lines are stuck, when they have a canoe of boat right there next to them, is a shocker! And if they dont have a boat their friends do. If a guy came to me and asked if I can help him get his line unsnagged I will do it. Its just lazyness and irresponsible...




REPLY #12

RE: Dooringdraai dam
Johann
24-Dec-2009 00:40

Die lyn is nou net so erg by die groep kamp by Doorndraai, ek het nou die dag maklik 1000m mono in totaal daar uitgetrek en ons was nie baie lank daar nie. Meestal in langer lengtes as wat mens met mono behoort te vang.




REPLY #13

RE: Dooringdraai dam
Carp Addict
25-Dec-2009 18:21

Aggenee, dis darem n flippin grap!!! Gedog die groepkamp sou darem nog "safe" wees van sulke dinge! Dis either ouens wat probeer shortcuts vat met cheap tackle en lyn of dit is ouens wat te lui is om behoorlik en verantwoordelik te hengel....maak my moerig!!!!!

Dan kritiseer mense ons omdat ons so suinig is om info uit te gee, veral met damme en spots...daar is meer as genoeg rede om stil te bly...


REPLY #14

RE: Dooringdraai dam
Willem d.j.
28-Dec-2009 12:05

Hi,
Ek was in die omgewing die 24ste Des. en besluit toe om net te gaan kyk hoe lyk dit daar. Dit was skokkend om te sien hoe vol gepak die oewer was. Baie hounette, ek hoop maar nie teveel groot karps daarin nie.
Groete


REPLY #15

RE: Dooringdraai dam
lionel
15-Jan-2010 11:34

hi ek en my oom hulle was selfs in desember daar was verplan om 4 aande oor te bly maar nou ja met ons aankoms was die oewer vol gepak en ja die keep nets het so ry afgestaan op die oewer die eerste dag het goed gegaan maar op dag twee toe ons die eerste twee karp vang en hulle vrylaat het die een ou maar lekker dronk na ons gestap en gevra hoekom ons die vis weer laat gan,en gese hy soek die vis om te gaan braai by die huis een van 13.52 en 17.25 en toe begin die stryery en ja ons was toe net daar vir een aand en n halfe dag die manne het sommer aspris oor ons lyne begin gooi en aanmerkings gemaak ek was baie teleurgesteld maar ja n mens wil mos nie moeilikheid he nie en dit was die einde van my doorndraai uitstappie,maar sal beslis weer gaan in die winter maand en in die week,ons volgende uitstappie is klaar in beplaning.

oh ja die manne sit somer die tiger nuts op hulle hoeke en gebruik nie eers n haarstrop nie waneer sal hulle leer om die regte toerusting en tegnieke te gebruik en om na ons vis en waters te begin kyk want eks seker my nageslag wil ook in sulke pragtige waters hengel.


REPLY #16

RE: Dooringdraai dam
spinedok
15-Jan-2010 11:44

Blerrie papgooiers


REPLY #17

RE: Dooringdraai dam
lionel
15-Jan-2010 11:55

lol .francois waneer gan ons weer n bietjie ons venue aanvat.


REPLY #18

RE: Dooringdraai dam
Carp Addict
15-Jan-2010 13:01

En dan wonder mense nog hoekom ons nie info oor damme wil deel nie... Dis a.g.v sulke selfsugtige idiote wat nie respek en common decency het vir ander hengelaars nie!!!!

Lionel, ek sou hulle lyne ingekatrol het en afgesny het!!! as hulle kom moeilikheid soek.... nouja n Bankstick kan seer slaan pel.


REPLY #19

RE: Dooringdraai dam
lionel
15-Jan-2010 13:07

glo my ons was baie naby om dit te doen maar nou ja, vrou lief hulle was saam en hulle het ons manne intoom gehou anders sou daar lelike dinge ontaard het.


REPLY #20

RE: Dooringdraai dam
spinedok
15-Jan-2010 13:20

Hoekom is dit altyd net 'n paar van ons wat die ander wang draai? Mens het geen ander keuse as jou geliefdes saam met jou is nie, lionell ons sal 'n DD en Klaserie trippie dooen hierdie JAAR....


REPLY #21

RE: Dooringdraai dam
lionel
15-Jan-2010 13:49

ja nee dit klink baie lekker kan nie wag nie ek moet nog n karp in doorndraai vang jammerte ons uitstappie was kort geknip,hou my maar op hoogte ek seker ons sal ons pb's by een van daai twee venues breek.


REPLY #22

RE: Dooringdraai dam
JFK
15-Jan-2010 18:40

Presies vir hoe lank moet ons die ander wang bly draai.Het al dieselfde probleme met klomp dronk idiote gehad en wanneer familie saam is moet jy dinge maar kalm vat.Ons wil die rustigheid en kalmte van grootkarphengel geniet, nie heeltyd gefrustreerd sit langs `n klomp dronk, arrogant, raasgat hengelaars nie.Dit is ook nie altyd moontlik om net SACS en ander rustiger venues te hengel nie.So wat staan ons te doen???


[ BACK TO TOP ]
 Did you know?


To make the forum more manageable OutdoorPAGES archives all posts older than 20 days. Use our ALL Posts or Forum Search features to access posts older than 20 days. The Forum Search feature allows you to search topics discussed on this forum since its inception in 2003. Just think how much info is contained in this resource. Want to become a better angler? Go Forum Search Now!!!



Copyright OutdoorPAGES. All rights reserved. No article or picture may be reproduced\published without the written consent of OutdoorPAGES.
The opinions expressed by authors and contributors does not necessarily reflect the viewpoint or policy of OutdoorPAGES.
Terms & Conditions | Privacy Policy

pub-8107763361343301