FISHING
PASOP VIR BUFFELSPOORT DAM!
WILLOW WATERS
ROOS SE OORD
VAAL FISH KILLS
CAMPING DISAPPOINTMENT
THE LIFE OF A NOVICE ANGLER
4DE PRYS BLOEMHOF DAM BONANZA 2006
NAME CHANGE - LAURENTIA DAM
STRANGE BUT TRUE
EYES TOO BIG FOR YOUR STOMACH?
EAST LONDON : ATTACKS ON ANGLERS
RAAR, MAAR WAAR…
WHAT A JOKE…
WHAT IS AN ALIEN INVASIVE FISH SPECIES?
THINK ABOUT THE CONSEQUENCES
VISFABRIEK IN BLOEMHOF
DIEPSEE TELEURSTELLING
SA LTBAA SKATE SLAUGHTERING
POPPING EYE PHENOMENON
SUICIDAL CARP
FOKUS OP CATCH AND RELEASE, NIE KILL AND DISPOSE NIE
SA BASS - PLEASE READ AND ACT NOW!
"SIFFIES" ARE NOW ILLEGAL FOR BAIT
FISHFINDER, VISVINDER, WHATEVER...
A LETTER TO SCOTTY (KZN WILDLIFE)
A LETTER TO MR. S. MOOLLA
BLOEMHOF BONANZA 2003
BLOEMHOF BONANZA 2003
SENIOR VARSWATER PROEWE KLIPDRIFT
E MAIL INTERVIEW WITH SHAHEEN MOOLL
LOUD MOUTHED FISHERMAN - NOT ME...
BEACH ACCESS FOR VEHICLES
RE.JOE LATEGAN-MONSTER CATFISH
CONTRAVERSIAL BEACH VEHICLE ISSUES
IT MUST STOP FOR OUR OWN SAKE...
SAFETY AND SECURITY OF ANGLERS
BONNIES IS WEER SKOON (REDELIK)
SEA ACE - INFORMATION ON HENTIES
HOW WRONG I WAS!!!
SPRING, AT LAST!
VRYLAAT VAN ALLE VIS -GOED OF SLEG?
SUPPORT LOCAL DAMS
MY FIRST TIME SALTWATER FLY FISHING
HY KANNIE BESTUUR NIE!
CATFISH BAIT AND RECIPES
INTELLIGENT FISHING
INVADER OR NEW CITIZEN?
KOSI BAY OR KOSI BYE?
HENGEL AREAS VIR DIE TOEKOMS
WATCH YOUR BACK!!!
VISSE IS MET DIE MAAN GEPLA
FISH FOR THE FUTURE?
IT'S TIME TO WAKE UP
LET THE GAMES BEGIN
WAAR IS DIE HENGELAARS?
PLEASE CLEAN UP
OUTDOORPAGES

OutdoorPAGES Letters

Pasop vir Buffelspoort Dam!
Pasop vir Buffelspoort Dam!  FROM/VAN: Susan Kruger
DATE/DATUM: 
12-May-2008

Wel net soos baie ander kampeerders en hengelaars, werk ons hard om bietjie weg te breek vir 'n ruskansie. Alles word so toegesluit in die stad lewe, al wat jy wil doen is ontspan en nie bekommerd wees. My vriend het 'n week voor die tyd gaan uitvind of Buffelspoort hengel area baie vol gaan wees en moet hy bespreek vir die naweek, vir hom was gesκ dis nie nodig om te bespreek en dat daar sekuriteit ook is, dit het hom ook baie meer gerus laat voel.

Die insident het die naweek van die 30 April 2008 gebeur. Hy het die hele Dinsdag gewerk en die nag om Woensdag ogged vroeg by Buffelspoort dam se hengel area te wees. Ek het Woensdag middag van die 'wonderlike' Gauteng gery om saam die naweek te kom geniet.

Woensdag aand het ons alles buite gelos want dis mos wat kampeerders doen. Donderdag-aand het dit bietjie gereλn en ons het die los goedjies binne in die tent gedra. Die tent was toe gerits en daar het ons gesit en gesels en eet.

Ek wil ook noem dat ons seker is dat ons vergas was. Woensdag het my vriend nog niks geslaap van die vorige dag deurdat hy deurnag gewerk het, sy wekker was nog gestel vir 03h20 want dit is hoe laat hy opstaan om te gaan werk in die oggend. Hy het dadelik Donderdag oggend opgestaan toe dit gelui het. Maar die volgende oggend, kon nie ek of hy opkom om die wekker af te sit. Ek was al wakker van 2 uur oordat ek baie naar was en toilet toe wil gaan en eers teen 5 uur het ek vir hom wakker gemaak en gevra ek moet opstaan want die natuur roep al vir lank. Dis toe dat ons agterkom iets is fout, hy het my dadelik gevra hoekom is die gedeelte waar ons slaap se rits oop en toe ons buite kom is die tent geskeur en oopgemaak.
Ons het dadelik geweet daar is iets fout. 2 Gasbottels was weg met lamp en stoofplaatjie, Koeler bokse met kos Koeldranke en drinkgoed vir die naweek asook die braai, hout het voete gekry, sowel as baadjies wat in die tent gelκ het. Die kar is ook leeggemaak met sy beursie, werksak met sleutels en gereedskap, ekstra slaapsakke in kar vir die kinders wat sou kom kuier het.

Die kampeerders langs ons was ook beroof dieselfde aand en hulle het soorgelyke skade gehad, die man het nie eens skoene gehad om aan te trek nie.

Ons het dadelik die bestuur gebel dit was ongeveer 06h00 maar geen antwoord gekry. Ons het toe na die hek gery waar ons die sekuriteit gekry het om hulle in die hande te kry. Die polisie is blykbaar eers 07h20 deur hulle gekontak, en natuurlik hulle het eers teen 11h00 opgedaag, waarby ons al klaar op pad huis toe is.

Tot vandag toe het die bestuur nog nie ons gekontak om te hoor of ons ok is nie. Die sekuriteit het daar opgedaag (ons noem hulle die Rambo mense, want hulle was so aangetrek, maar het meer na mans modelle gelyk en geruik met hulle aftershaves en 'snassy' arm horlosies) Hulle wou nie vir ons sκ waar die wag was wat op diens was nie, blykbaar moet hy aan die hek rapporteer elke uur via radio. Nou volgens my moet dit mos op skrif gesit word.

Die rambo manne is toe op pad om te gaan spoorsny, waarby hulle 'n paar stukkies papier gekry het wat in die beursie was. Ons buurman het darem die bestuurslisensie gevind.

Die skelms sit in die bos en hou die mense dop (daar is as van die vuur daar gekry) besteel hulle en gaan deur draad langs die pad wat daar loop.

Ons het natuurlik al ons geld gaan terug eis. Terwyl ons daarvoor gewag het, het daar besoekers gekom en die man het gesκ 'Ek hoor daar was weer mense besteel gisteraand' ............... So dit wil vir my sκ dit is nie die eerste keer nie.

Nou vra ek die vraag hoekom doen die bestuur nie ekstra moeite met die sekuriteit nie?

Baie dankie dat ons ons storie met julle kon deel.

Lekker dag

Susan

NS: Ek verstaan van kampeerders wat nog 'n aand gebly het, dat daar weer mense beroof is die aand daarna (Vrydag-aand) en dit nadat die sekuriteit maatskappy (Granite Sekuriteit) verseker het dat hulle meer mense aan diens gaan sit. Ons sal definitief nie weer soontoe gaan nie. Gelukkig is daar baie ander plekke, my vriend het net gedink ons ondersteun die area waar hy bly. -

  Add a comment / Lewer kommentaar >>
Comment: RE: Pasop vir Buffelspoort Dam!  FROM/VAN: Carpio
DATE/DATUM: 
12/05/2008

Dit is sleg! Maar ek sal nie verbaas wees as dit by baie ander oorde ook gereeld gebeur nie.
Ek wou nog Buffels gehengel het volgende maand, maar as ek na Susan se brief kyk gaan ek eerder n ander veiliger dam wat ver weg is van Gauteng, kies vir my sessie....

Comment: RE: Pasop vir Buffelspoort Dam!  FROM/VAN: Ricky
DATE/DATUM: 
12/05/2008

Lyk my die skelms het agter gekom hoe maklike teiken kampeerders is. Ek hoor al meer van sulke insidente - self by daai ver vanaf Gauteng plaas damme Johann. Susan, daai is simptome van vergassing. Die ergste wat ek van gehoor het is waar 4 mans opgehang is na die roof. Gelukkig met verkeerde knope en die een ou kon homself en almal loskry met sy knipmes.
Ek voorsien die ding gaan meer gereeld gebeur - dit is 'n maklike misdaad met min sekuriteitsrisiko's.

Keuse van damme, groter groepe en deurdagte sekuriteitsmaatreels sal oorweeg MOET word.

Comment: RE: Pasop vir Buffelspoort Dam!  FROM/VAN: Fred
DATE/DATUM: 
07/10/2008

Ellis vervaardig n Afstand beheerde alarm wat ons gebruik in en om die karavaan en by die stokke. Glo my niemand beweeg binne 15 meter van ons af in die nag sonder dat ons daarvan weet nie.

Comment: RE: Pasop vir Buffelspoort Dam!  FROM/VAN: heatseeker
DATE/DATUM: 
21/10/2008

Ek wonder waar kom die rambo mense se mooi horlosies en aftershave vandaan???, ek vertrou geen sekerheids maatskappy meer nie. Die alarms om die tent is dalk n baie goeie idee!

Comment: Roodekopjies  FROM/VAN: richard
DATE/DATUM: 
15/01/2009

Hi wil net weet of iemand my kan se wat se aas werk by roodekopjies

Comment: RE: Pasop vir Buffelspoort Dam!  FROM/VAN: Piet Pens
DATE/DATUM: 
31/05/2009

Naand Fred, Ek lees nou eers die storie. Kan jy dalk help met 'n adres om die Alarm te bekom.

Comment: RE: Pasop vir Buffelspoort Dam!  FROM/VAN: Fred
DATE/DATUM: 
02/09/2009

Piet, die alarm is by jou lokale groot handel winkels beskikbaar. Kyk onder Ellis produkte.

Comment: RE:Roodekoppiesdam  FROM/VAN: boetiekoos
DATE/DATUM: 
13/07/2010

Enige soet aas: Tutti Fruiti, strawberry, peach, amandel, caramel x, ek het al vis opgetel op jelly tots.

 Want to send a letter?

If you have anything you would like to share with us, please send us an email with the details and we will upload it for you.


Copyright © OutdoorPAGES. All rights reserved. No article or picture may be reproduced\published without the written consent of OutdoorPAGES.
The opinions expressed by authors and contributors does not necessarily reflect the viewpoint or policy of OutdoorPAGES.
Terms & Conditions | Privacy Policy