|
|
|
| |
| Comment: RE: Pasop vir Buffelspoort Dam! |
FROM/VAN: Carpio DATE/DATUM: 12/05/2008 |
|
|
Dit is sleg! Maar ek sal nie verbaas wees as dit by baie ander oorde ook gereeld gebeur nie. Ek wou nog Buffels gehengel het volgende maand, maar as ek na Susan se brief kyk gaan ek eerder n ander veiliger dam wat ver weg is van Gauteng, kies vir my sessie....
|
|
| Comment: RE: Pasop vir Buffelspoort Dam! |
FROM/VAN: Ricky DATE/DATUM: 12/05/2008 |
|
|
Lyk my die skelms het agter gekom hoe maklike teiken kampeerders is. Ek hoor al meer van sulke insidente - self by daai ver vanaf Gauteng plaas damme Johann. Susan, daai is simptome van vergassing. Die ergste wat ek van gehoor het is waar 4 mans opgehang is na die roof. Gelukkig met verkeerde knope en die een ou kon homself en almal loskry met sy knipmes. Ek voorsien die ding gaan meer gereeld gebeur - dit is 'n maklike misdaad met min sekuriteitsrisiko's.
Keuse van damme, groter groepe en deurdagte sekuriteitsmaatreels sal oorweeg MOET word.
|
|
| Comment: RE: Pasop vir Buffelspoort Dam! |
FROM/VAN: Fred DATE/DATUM: 07/10/2008 |
|
|
Ellis vervaardig n Afstand beheerde alarm wat ons gebruik in en om die karavaan en by die stokke. Glo my niemand beweeg binne 15 meter van ons af in die nag sonder dat ons daarvan weet nie.
|
|
| Comment: RE: Pasop vir Buffelspoort Dam! |
FROM/VAN: heatseeker DATE/DATUM: 21/10/2008 |
|
|
Ek wonder waar kom die rambo mense se mooi horlosies en aftershave vandaan???, ek vertrou geen sekerheids maatskappy meer nie. Die alarms om die tent is dalk n baie goeie idee!
|
|
| Comment: Roodekopjies |
FROM/VAN: richard DATE/DATUM: 15/01/2009 |
|
|
Hi wil net weet of iemand my kan se wat se aas werk by roodekopjies
|
|
| Comment: RE: Pasop vir Buffelspoort Dam! |
FROM/VAN: Piet Pens DATE/DATUM: 31/05/2009 |
|
|
Naand Fred, Ek lees nou eers die storie. Kan jy dalk help met 'n adres om die Alarm te bekom.
|
|
| Comment: RE: Pasop vir Buffelspoort Dam! |
FROM/VAN: Fred DATE/DATUM: 02/09/2009 |
|
|
Piet, die alarm is by jou lokale groot handel winkels beskikbaar. Kyk onder Ellis produkte.
|
|
| Comment: RE:Roodekoppiesdam |
FROM/VAN: boetiekoos DATE/DATUM: 13/07/2010 |
|
|
Enige soet aas: Tutti Fruiti, strawberry, peach, amandel, caramel x, ek het al vis opgetel op jelly tots.
|
|
| Comment: RE: Pasop vir Buffelspoort Dam! |
FROM/VAN: baberjagter DATE/DATUM: 16/02/2011 |
|
|
Hi kan iemand my se of vaalkop veilig is vir my en my vrou om daar te oornag
|
|
| Comment: RE: Pasop vir Buffelspoort Dam! |
FROM/VAN: Buck DATE/DATUM: 08/10/2011 |
|
|
Maak julle eie alarm as julle viswaters toe gaan !! Gebruik die fiets hooters wat met baterye werk - werk dieselfde as wat op vispenne werk ! Span vislyn regom julle kamp 1 Stel die hooters net voordat julle gaan slaap maak seker dit werk sodra as iemand teen die vislyn vasloop !!
Sodra daai hooter afgaan dan sal julle weet daar is iets of oemand in die omgeweing - Vislyn is nie baie sigbaar in die aand nie
|
|
|
|
|
|
If you have anything you would like to share with us,
please
send us an email with the details and we will upload it for you.
|
|
|
|