|

Donaldson Dam het nog baie vis
Ek was nog oppad dam toe toe ek die
eerste oproep kry. Hengelaars op staanplek nommer 5 het deur
die nag 5 vis bo 11kg geland! Vir die wat oppad was, was dit
genoeg aansporing om vinnig by die dam uit te kom. Die ridders
van die skadukolle, oftewel die verskeerspolisie, kan maar hul rekenings
stuur.
Dit was ons tweede spesiekarphengel sosiale klub byeenkoms
vir die jaar. Ons besoek aan Kwaggas het min vis opgelewer
en ons was uitgehonger om groot vis te kry. Dis daarom dat
ons besluit het om weer Donaldson dam toe te gaan. Die
visvrektes van Desember 2006 was nog vars in ons gedagtes,
maar nuus van goeie vangste na die ramp het ons laat besluit
om weer die tog na Randfontein aan te pak. Vis tot en met
17kg is in die weke voor ons besoek geland.
Met my aankoms, omtrent elfuur Vrydagoggend, was Gerhard
reeds daar en moes ek sommer met die intrapslag fotos neem.
Hy het staanplek nommer 2 getrek wat onmiddelik vis tussen 8
en 11 kg begin lewer het. Dis nie aldag wat 'n hengelnaweek
so begin nie!
 |
 |
 |
 |
Gerhard het een vis na die ander
uitgetrek wat geweeg het tussen 8 en 11 kg. Sy staanplek was beslis
die
mees produktiefste een vir die naweek. As ek moet raai, dink ek hy
het in totaal meer as tien visse geland! |
Vrydagaand het ons, soos gewoonlik, die
naweek begin met 'n ligte braai. Die verwelkomingsbraai het
nou al 'n instelling geword. Dit is 'n puik geleentheid om
mede hengelaars te ontmoet en om sommer ook kennis te maak met
mede gebruikers van die OutdoorPAGES Forum. Die braai maak dit moontlik om
gesigte by die skuilname te plaas. Onglukkig kon almal nie
die braai bywoon nie want by Donaldson dam is dit maar
moeilik om R 20 000 se toerusting alleen te los. Alhoewel
ons nog geen insidente gehad het langs die dam nie, kan 'n
mens nie die kans waag nie. Mens weet nooit nie...
Tydens ons braai het Bakgat (Jaco van
Tonder) by ons aangesluit. Nicky het hom sommer dadelik 'n
visstok in die hand gedruk net om hom welkom te laat voel.
Jaco het soos gewoonlik weer 'n hele vrag Bakgat Braai hout en kole geborg wat in die
winter glad nie te versmaai is nie. Sy goedgunstigheid was
gou beloon toe hy 'n karp van 11kg land, sy grootste sover.
Ek kon my oë nie glo nie. Of dit Nicky of Jaco se gelukkige
dag was weet ek nie, maar dit moet die karp bo 10kg wees wat
met die minste moeite en in 'n rekord tyd gevang is. Onnodig
om te sê dat Bakgat geborrel het van vreugde.

Jaco van Tonder (Bakgat) met sy vis van 11 kg |

Bakgat (Links) en Nicky vier hul
sukses.
Geluk of te nie, Nicky en Bakgat het
die vis in 'n rekord tyd gevang.
Die vis is Bakgat se persoonlike beste! |
Ongelukkig moes Bakgat ons verlaat die
volgende oggend want hy moes vriende by die lughawe gaan
oplaai. Ek is seker hulle het die storie van sy vis oor en
oor gehoor tot by die huis. Geluk Bakgat!

Nicky die papgooier |

Nicky die spesiekarphengelaar |
Kyk, teen die tyd ken almal al vir Nicky,
maar partykeer kan ek sy geluk darem nie glo nie. Net nou
die dag stop iemand 'n R 3000 se 4-man tent in sy hande,
GRATIS. Vroeg Saterdagoggend word Nicky
verras met 'n geskenk van Gerhard. Hy ontvang 'n staander
(pod) met alarms sommer net so. Om sy geluk af te rond wou
ek hom 'n Cheetah hemp gee, maar dié wou hy glad nie hê nie.

Nico Terblanche met die wenvis van 12.85 kg
|

Nico (Links) ontvang die prysgeld van
Vossie wat
die
die prys geborg het.
(R 1000 Kontant) |
Die hengel was oor die algemeen goed.
Daar het 'n hele paar vis bo 10kg uitgekom. Richard Boucher
het ten minste een baie groot vis verloor om 'n drom in die
water. Ander weer het grotes in die riete verloor. Donaldson
se grotes het mos maar die slegte gewoonte om in die riete
in te jaag. Die weer was aangenaam en oor die algemeen dink
ek almal het die naweek geniet.
Soos gewoonlik het die kompetisie tienuur
Sondagoggend ge-eindig. Die prysuitdeling het omstreeks halftwaalf begin.
Meer as R 3000-00 se pryse is gewen. Die pryse het bestaan
uit R 2000 kontant, DVD's, Adventure Fishing 2
rekenaarspeletjies, ens. Vossie, 'n gereelde deelnemer aan
ons kompetisies by Donaldson dam, het R 1000 geborg vir die
grootste karp. Nico Terblanche met sy vis van 12,85 kg het
die prys gewen. Geluk aan Nico en baie dankie aan Vossie vir
die borgskap.
Ons het besluit om die OutdoorPAGES R
1000 d.m.v. 'n gelukkige trekking weg te gee. Sodoende kon
enige deelnemer, of hy nou vis gevang het of nie, darem 'n
kans staan om iets te wen. Nicky Dry (vir die soveelste
keer) het die prys gewen.
Die borge vir die byeenkoms was MG Baits, Bakgat Braai, OutdoorPAGES
en Vossie. Weereens dankie aan almal wat
gehelp het. Hou die "Events" afdeling dop vir die volgende Sosiale Klub
Kompetisie.
|