FISHING
MEDISYNE VOLGENS VOORSKRIF
BRANDEWYN HET NIE BRILLE
SPAWNING CARP
WALK N FISH
50 KG BABER
DOLPHIN BITE
AS DIE OU GROOTTE WEG KOM
WILDGETALLE EN JAGPLANNE
RECORD BRONZIE ON FLY!!!
FORELLE EN FEITE
BABERS EN BREKERS
TIERVIS EN ZAMBESI DROME…
'N VREEMDE VANGS
OUTDOORPAGES

OutdoorPAGES Stories

Martin Louw Baits
Catch More Big Carp!
500 x Sweetener - Preservative
http://www.africanbigcarpholidays.co.za
SA Carp Society
Fish private venues now
Protect the future of our sport
http://www.sacarpsociety.co.za
 Ads by OutdoorPAGES 
Medisyne volgens voorskrif
Medisyne volgens voorskrif  FROM/VAN: Schalk Nolte
DATE/DATUM: 
28-Oct-2004

Dit is een ding om die regte medisyne op 'n hengel safari saam te neem en 'n ander ding om die medisyne aan te wend, of dan eerder reg aan te wend.

So drie somers gelede het Groot Daan en sy twee seuns saam met 'n paar vriende by Henties gaan hengel. Groot Daan is 'n baie presiese man en met die inpakkery is daar van 'n sorgvuldig voorafopgestelde lys af gewerk. Die lys was nie opgestel uit vorige ondervindinge nie, want die safari was'n eerste vir alle lede. Elke denkbare boek wat nog oor enige-iets vanaf Henties tot by kampeer en vierwieltrekke geskryf is, is bestudeer en die lys is daaruit saamgestel.

Baie dinge kan verkeerd loop op so 'n safari en een van die dinge wat nie agterweë gebly het nie, was die noodhulpkassie. Slangserum, pleisters, hoofpynpille, lewerpille en selfs vleissagmaakmiddel is ingepak. Die vleissagmaker is vir die steek van babers se gifpenne, iets wat al menige onverskillige hengelaar se safari versuur het. Daar is blykbaar niks wat seerder is as wanneer 'n baber jou met daardie giftige penne van hom bygekom het nie.

Uiteindelik by Henties aangekom met beide voertuie sonder enige probleme, het dit maar sukkel-sukkel gegaan met die visvangery. Hengel die manne die dag by Paaltjies in die suide, dan byt die visse by Winston se Wrak in die noorde. Die volgende dag haas die manne hulle voordag na die noorde en dan is die visse daar doodstil en byt hulle iewers in die suide. 'n Plan moes dringend gemaak word want die tydjie raak min en die vrieskaste is nog so te sê leeg.

Groot Daan kom toe op die blink idee dat altwee die voertuie gebruik sal word om elke dag in twee verskillende rigtings na die vis te gaan soek. Die manne is daar en dan in twee groepe opgedeel met Groot Daan se jongste, genaamd Stoffel, in beheer van die een vierwieltrek terwyl Groot Daan self die leisels vat met die ander groep. Groot Daan en sy groep is die volgende oggend weer noord terwyl Stoffel die Hilux se neus in die rigting van Paaltjies gedraai het.

Met die dat manne nie met mekaar in verbinding kon tree nie, wat dit onmoontlik vir Groot Daan om uit te vind hoe dit met Stoffel en sy groep gaan. Met sy eie groep wou die geluk nie juis saamwerk nie en al wat hulle gevang het was babers. Ten minste het iets darem gebyt en die manne het maar by Horingbaai gesit en babers vang.
Soos wat die woestyn se hitte met die manne begin praat het, het die lagers ook al meer gevloei en soos wat die lagers al meer gevloei het, het die manne al minder versigtig geraak met die babers. Die volgende oomblik was daar pandemonium toe Groot Daan 'n keel opsit. Hy het een baber te veel sonder respek behandel en nou het hy die prys daarvoor betaal. Die baber se pen het in die dik vleise van sy hand gesteek en die pyn wat onuithoudbaar.

Enige sprake van hengel was iets van die verlede en Groot Daan moes so vinnig as moontlik by die dokter gekry word. Henties was egter ver en daar moes iets drasties gedoen word om Groot Daan se pyn te verlig voordat die manne na die kliniek op Henties kon jaag. Gelukkig was die noodhulpkas op Groot Daan se voertuig en in daardie noodhulpkas is daar voorsiening gemaak vir juis so 'n onvoorsiene noodgeval.

Die kas is eietyd gaan haal en die lys is deurgegaan. Duidelik staan daar in Groot Daan se eie handskrif dat vleissagmaker net die ding is om die pyn van die baber se pen draaglik te maak. Die vleissagmaker sou nou op die proef gestel word en om een of ander onverklaarbare rede het niemand daaraan gedink dat dit op die wond gesmeer moet word nie. Groot Daan het 'n teelepel vol van die sagmaker ingewurg en met 'n lager afgespoel en gewag dat dit moet begin werk, maar al wat gebeur het, is dat hy verskriklik dors geraak het van die souterige smaak.

Alle gerei is inderhaas in die vierwieltrek gelaai en die jaagtog na Hentiesbaai het begin. Groot Daan het op pad nog 'n paar teelepels vol van die sagmaker ingewurg en met baie lagers afgespoel, maar steeds wou die pyn nie minder word nie. Hy het net al meer gekoring geraak en al dorser en intussen wou hy van sy kop af raak van die pyn. Toe hulle uiteindelik by die kliniek aangekom het, het die dokter vir Groot Daan uit sy lyding gehelp, maar terselfdertyd ook vir hom gepreek om nie so langs die water te suip nie, want dit is dit wat mense onverskillig maak wanneer hulle die babers hanteer. Daar begaan Groot Daan toe die feout om vir die dokter te vertel van die raad van die vleissagmaakmiddel. Die dokter het die wysheid van die raad beaam waarop Groot Daan luidkeels van hom verskil het. Hy het die dokter verseker dat hy wat Groot Daan is omtrent die sagmaker by die koppie opgeëet het en sy pyn het net ondraagliker geraak. Die dokter het net sy kop in ongeloof geskud en die res van die dag het hy onbeheersd begin proes wanneer daar 'n Vaalie in die straat by hom verby geloop het.

*****************************************

Uit die boekie Kampvuurstories deur wyle Schalk Nolte -

  Add a comment / Lewer kommentaar >>
 Do you have a story?

If you have a story you would like to see published here, please send us an email with the details and we will upload it for you.


Copyright © QuickSolve. All rights reserved. No article or picture may be reproduced\published without the written consent of QuickSolve.
The opinions expressed by authors and contributors does not necessarily reflect the viewpoint or policy of QuickSolve.
OutdoorPAGES is a registered trademark of and is being developed and maintained by
QuickSolv.
Terms & Conditions | Privacy Policy

Need a Web Site? Contact us for a free quotation