|
Hengelaars
het dit nodig!
By OutdoorPAGES glo ons dat ons dam profiele hengelaars sal help om
daardie monster te vang wat hulle al so lank ontwyk. Ons sal jou wys waar
die dam is, watter ase werk en nog baie meer. Ons is besig om die mees
volledige databasis van dam profiele op te stel wat Suid Afrika nog ooit
gesien het.
Die databasis sluit kontak besonderhede, sekuriteits faktore, kaarte, fotos
en meer in van jou gunsteling hengel destinasies in Suid Afrika.
As jy dink jy is 'n ekspert by 'n spesifieke dam en jy voel jy
wil die inligting met ons deel, moet asseblief nie huiwer om
ons te kontak nie. Jou samewerking kan dalk
baie belangrik wees om die afdeling op sy volle potensiaal te kry.
|
|
Hengelaars
het dit nodig!
Alhoewel Suid Afrika een van die mees produktiefste kuslyne ter wκreld
het, vind hengelaars, veral die van die binneland, dit baie moeilik om
deesdae goeie hengelplekke te kry. Redes wat groot rolle speel is
toeganklikheid tov die beperking op 4x4's, asook sekuriteits faktore.
OutdoorPAGES is tans besig om die mees
volledigste databasis van hengelplekke langs die kuslyn op te stel. Die
gedeelte van OutdoorPAGES maak dit moontlik vir hengelaars om enige
inligting rakende hengelplekke te publiseer. Dit sluit kaarte, fotos en
inligting in. Deel gerus jou kennis en ervaring met ons. Ons glo die een
hand was die ander. D.w.s. net soos jy jou inligting deel met
medehengelaars, so kan jy weer iets leer van iemand anders. Geniet dit...
|